Ses mense sterf in ongelukke

Spoed het weer sy tol op die land se paaie geëis.
Tanja Bause
Tanja Bause – 'n Passasier in 'n taxi is Vrydagaand in Windhoek op slag dood in 'n ongeluk waarin drie voertuie betrokke was.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk omstreeks 22:30 in Mahatma Ghandistraat gebeur. Volgens die polisie het ’n minibus van die Windhoekse stadspolisie in ’n westelike rigting gery toe ’n sedanvoertuig van voor af met ’n hoë spoed gery het.

"Die 35-jarige bestuurder van die sedanvoertuig het teen die kant van die minibus gebots. Sy het toe beheer oor haar voertuig verloor en teen die taxi gebots wat agter die minibus gery het."

'n Man in die taxi is op slag dood en vier is ernstig beseer. 'n Passasier in die minibus is ook beseer.

Nóg twee mense is Saterdag om 18:30 in ’n ongeluk dood toe die bakkie waarin hulle passasiers was, op die B6-pad sowat agt kilometer buite Witvlei teen ’n bees gebots het.

"Die bestuurder van die bakkie het beheer verloor en teen ’n aankomende vragmotor gebots. Hy is met ernstige beserings in die Gobabis-staatshospitaal opgeneem."

Twee voertuie, 'n bakkie en 'n sedanvoertuig, was Saterdag om 17:00 by Grootfontein in ’n kop-teen-kop botsing betrokke. Beide bestuurders was 51 jaar oud. Die bakkie het met die impak aan die brand geslaan. Die bestuurder van die sedanvoertuig, mnr. Ignatius Andreas Mwira, is op pad na die hospitaal dood.

In 'n ander voorval het mnr. Wilbard Lungameni Nashimbala (28) glo beheer oor sy voertuig verloor, waarna dit omgeslaan het. Die ongeluk het om 04:00 sowat sewe kilometer van die Klein Menasse-grenspos in die //Kharasstreek plaasgevind.

"’n Plaasboer het om 07:00 op die ongeluk afgekom en Nashimbala het nog gelewe. Hy is egter op pad na die staatshospitaal op Keetmanshoop oorlede," sê die polisie.

'n Passasier (55) in 'n sedanvoertuig is Vrydag om 16:45 op slag dood ná 'n ongeluk op die pad tussen Shadikongoro en Andara in die Kavango-Wesstreek. Die bestuurder van die voertuig het glo beheer daaroor verloor en dit het omgeslaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!