Ses mense verkool, steeds nie uitgeken
Ses mense het Vrydagaand onherkenbaar verkool nadat die minibus waarin hulle op reis was in ’n botsing met ’n dubbelkajuitbakkie was. Die ongeluk het op die pad tussen Otjiwarongo en Kalkfeld in die Otjozondjupastreek plaasgevind.
Volgens die Namibiese polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die streek, adj.komm. Naukalemo Andreas, was 19 insittendes, insluitend die bestuurder, in die busse wat 16 sitplekke het. Andreas het in op die ongelukstoneel aan die nuusagentskap Nampa gesê die ongeluk het omstreeks 23:40 Vrydag plaasgevind.
“Die bussie het in die rigting van Otjiwarongo na Kalkfeld beweeg, terwyl die dubbelkajuitbakkie in die teenoorgestelde rigting gery het,” het sy gesê. Ongeveer 32 kilometer suidwes van Otjiwarongo het die bussie ’n wilde dier gestamp. Die bestuurder het beheer verloor en die bussie het in die regterkantste baan beweeg waar dit volgens Andreas kop-teen-kop met die aankomende dubbelkajuitbakkie gebots het.
Die bussie het in vlamme uitgebars en ses insittendes is in die bussie verkool. Die 13 ander insittendes, insluitend die bestuurder, het matige tot ernstige beserings opgedoen.
Die 13 beseerdes van die bussie en die 38-jarige manlike bestuurder van die bakkie wat alleen in die voertuig was, is na die staatshospitaal op Otjiwarongo vervoer. Twee van die beseerdes is in die vroeë oggendure van Saterdag na die Katutura-hospitaal in Windhoek vervoer.
“Ons doen ’n beroep op die publiek wie se familielede van die noordelike dele van die land na die kusdorpe op reis was en wat nie hul bestemmings bereik het nie, om die polisie op Otjiwarongo te kontak,” het Andreas gesê.
Volgens haar sal ’n forensiese DNS-ondersoek uitgevoer word om die oorledenes te identifiseer. Nabye familielede word aangemoedig om na vore te kom om die polisie met die identifikasieproses te help. Die polisie-ondersoek duur voort.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie