Ses soldate in bomontploffing dood
Ses soldate in bomontploffing dood

Ses soldate in bomontploffing dood

Thailand
NAMPA
Ses Thai-soldate is dood en vier gewond toe ‘n bom langs die pad Maandag hul patrollievoertuig in die insurgensie-geteisterde suide van die land aan flarde geruk het.

Die voorval het in die Pattani-provinsie plaasgevind.

Die grensgebied, waarvan die meerderheid inwoners Moslems is, word reeds vir meer as ‘n dekade deur geweld geteister waar etniese Maleisiese insurgente in gevegte met die owerhede van Thailand gewikkel is om meer outonomiteit te verkry. Die Thaise owerhede is meestal Boeddhisties.

Gereelde skietery en bomaanvalle het sedert 2004 meer as 6 800 lewens geëis en albei kante word van menseregteskendings en gruweldade beskuldig.

Thailand se regerende junta probeer, sedert hulle in 2014 aan bewind gekom het, om vredesamesprekinge met die Moslem-militante te hervat. Van die onderhandelinge het egter niks gekom nie. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!