Ses sterf, 48 beseer in Londen-aanval
Die owerhede in Londen het Saterdagnag via Twitter inwoners gewaarsku om “te vlug, te skuil en ander te waarsku”.
Minstens ses mense is dood en sowat 48 beseer toe ’n groep militante Saterdagaand in ’n bussie op London Bridge in voetgangers ingejaag het.
Reuters berig die aanvallers het volgens ooggetuies hierna plesiersoekers in omliggende uithangplekke met lang messe gesteek.
Gewapende polisielede het na die toneel in die Borough Market-gebied gejaag waar hulle drie van die aanvallers doodgeskiet het.
Die aanval volg op die terreuraanval twee weke gelede toe 22 mense in Manchester by ’n konsert van die Amerikaanse sangeres Ariana Grande tydens ’n selfmoordbomaanval dood is.
Die owerhede in Londen het Saterdagnag via Twitter inwoners gewaarsku om “te vlug, te skuil en ander te waarsku”.
Mark Rowley, Brittanje se teenterreurhoof, sê die drie aanvallers wat doodgeskiet is, het iets soos plofstofbaadjies aangehad. Dit het later geblyk die baadjies was nie werklik selfmoordbaadjies nie.
Die BBC het foto’s van twee van die aanvallers gewys waarop gesien kan word hoe houers aan die een man se lyf vasgemaak is.
Anti-terrorismebeamptes en gewapende polisie het ure later nog die gebied gepatrolleer.
Die Londense ambulansdienste het bevestig dat 48 mense in verskeie hospitale in die stad opgeneem is. Toegang na die stad se drie grootste hospitale word streng beheer om die veiligheid van pasiënte en personeel te verseker.
Ooggetuies
Ooggetuies het aan Reuters vertel ’n wit bussie het op London Bridge in voetgangers ingeploeg en verskeie mense omgery.
“Dit het gelyk asof hy vir groepe mense gemik het. Ek het gevries en nie geweet wat om te doen nie,” het Mark Roberts, ’n bestuurskonsultant, gesê.
Roberts het gesê hy het minstens ses mense op die grond gesien lê.
“Dit was verskriklik.”
’n Londense taxi-bestuurder het aan die BBC gesê hy het gesien hoe drie mans in Borough High Street uit die bussie klim en links en regs begin om mense met lang messe te steek.
Nog ooggetuies het vertel hoe mense in ’n kroeg ingevlug het. Mense is by die ingange weggedruk.
’n Ander ooggetuie, met bloedbevlekte klere, het vertel iemand het ’n noodsirene geaktiveer. Mense het na die uitgange gestorm en toe weer omgedraai toe aan hulle geskreeu is om terug te kom.
’n Dokter op die toneel het ’n man met ’n steekwond gehelp. Van die mense het van die stoele en tafels gegryp en die aanvallers daarmee gegooi in ’n poging om hulself te beskerm, het ’n ooggetuie gesê.
‘Kruisvaarders’
Islamitiese Staat (IS), wat besig is om steun in Sirië en Irak te verloor danksy ’n Amerikaans geleide koalisie, het op Telegram ’n boodskap uitgestuur dat sy volgelinge aanvalle moet begin teen die “kruisvaarders”. IS sê volgelinge moet in die heilige maand van Ramadaan vragmotors, messe en gewere teen die “kruisvaarders” gebruik.
Soortgelyke aanvalle het die afgelope twee jaar in Berlyn, Brussels, Nice en Parys plaasgevind.
Sadiq Khan, burgemeester van Londen, het hom sterk uitgespreek teen die lafhartige aanval op onskuldige inwoners en besoekers wat op ’n Saterdagaand die stad besoek.
Die Amerikaanse president, Donald Trump, en die Franse president, Emmanuel Macron, het hul steun aan Brittanje toegesê.
Die voorval herinner sterk aan die voorval in Maart vanjaar toe ’n man met ’n voertuig op die Westminster-brug in mense ingeploeg en ’n polisielid met ’n mes doodgesteek het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie