Ses sterftes, 242 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met ses gevalle tot 3 277. Die meeste (3) was in Katima Mulilo, gevolg deur een elk in onderskeidelik
Windhoek, Nankudu en Outapi. Al drie sterfgevalle in Katima Mulilo was tuissterftes. Geen van die gevalle is ingeënt nie.
Gister is 242 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 11%. Die meeste was in Erongo (28%), gevolg deur Omusati met 20%. Onder die gevalle is 46 leerlinge, sewe onderwysers, agt studente en vier gesondheidswerkers. Elf gevalle (4,5%) het een dosis entstof ontvang.
Die aktiewe gevalle staan tans op 3 794 waarvan 258 in die hospitaal en 52 in die ICU is. Tot op hede het 185 304 mense hul eerste dosis entstof ontvang, terwyl 78 313 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 94%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie