Ses uit agt verdagtes verskyn in N$3,5 miljard-saak
Jacqueline Louw – Die Walvisbaaise sakeman mnr. Laurentius Julius het gister saam met vyf Chinese burgers in die landdroshof in Windhoek verskyn op klagte wat met die N$3,5 miljard-bedrogspul in doeaneheffing en buitelandse valuta verband hou.
Een van die agt, mnr. Huang Jinrong, was sonder verskoning afwesig en landdros Vanessa Stanley het beveel dat ’n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik word en dat sy borgtogbedrag van N1,5 miljoen aan die staat verbeurd verklaar word.
Nóg ’n beskuldigde, mnr. Zhu Honggang, het ook nie sy opwagting gemaak nie, maar sy regsverteenwoordiger, mnr. Nambili Mhata, het die hof meegedeel dat hy intussen in China oorlede is.
Staatsaanklaer Joseph Andreas het bevestig dat ’n doodsertifikaat ontvang is, maar omdat dit in Chinees is, moet die ondersoekbeampte dit nog nagaan.
Mnr. Dirk Conradie, wat namens Julius optree, het die hof versoek dat sy kliënt se borgtogvoorwaardes gewysig word sodat hy slegs een keer per maand aan die Walvisbaaise polisiekantoor moet rapporteer in plaas van elke week. Conradie het verder versoek dat die voorwaarde dat Julius die Walvisbaai-distrik net met die toestemming van die polisie mag verlaat, heeltemal geskrap word.
Landdros Vanessa Stanley het tot hierdie wysigings ingestem.
Die agt beskuldigdes staan tereg op klagte van bedrog en geldwassery met die staat wat in hierdie stadium beweer dat hulle die ministerie van finansies tussen die begin van 2010 en 19 Desember verlede jaar bedrieg het met die berekening en betaling van doeaneheffings.
Die klagte beloop na bewering ’n bedrag van N$3,5 miljard in werklike of potensiële verliese wat die ministerie gely het as gevolg van die onderverklaring van die waarde van goedere wat in Namibië ingevoer is en waarop doeaneregte betaal moes word.
Die saak is tot 22 Junie 2018 uitgestel vir die voltooiing van die polisieondersoek. Die oorblywende ses beskuldigdes, Julius, die prominente Namibiese sakeman Jack Huang, mnre. Tao Huizhong en Zhihua Gua en mee. Jia Hongying en Shuhua Cao, se borgtog is tot hierdie datum verleng.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie