Ses van die 13 slagoffers van padslagting uitgeken
Die polisie in die Otjozondjupastreek het die name bekend gemaak van ses van die dertien mense wat op 17 Maart gesterf het toe twee passasiersbussies buite Otavi gebots en aan die brand geslaan het.
Omdat die oorledenes onherkenbaar verkool het, moes hulle deur middel van DNS-toetse geïdentifiseer word.
Die ander sewe se toetse moet nog gedoen word. Nampa berig ‘n fout het met die toetse ingesluit en dit moet herhaal word.
Die mense wat uitgeken is, is Lea Nghilalulwa (40), Lucia Kevanhu (28), Kornelia Nghisheefa (53), Loide Namhindo (71), Ndamonanghenda Kauta (69) en die 33-jarige Erikson Nakanyala.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie