Ses vas vir renosterstropery
Ses vas vir renosterstropery

Ses vas vir renosterstropery

Francoise Steynberg
Ses vermeende renosterstropers en een ivoorsmokkelaar is verlede week in hegtenis geneem.

Die drie beskuldigdes van die stropery van 'n ver dragtige witrenosterkoei by 'n lodge in die Gobabis-distrik verlede naweek is mnre. Zondundi Tjipuiko, Frederik Hamukoto en Tjimbaka Mbatiminua.

Hulle is vasgetrek nadat boere, die K9-teenstropingseenheid en spoorsnyers hul spore tot by die informele nedersetting in Gobabis gevolg het waar hulle met voertuie gevlug het. Gobabis se polisie het 'n padblokkade buite die dorp opgestel waar dié drie glo met 'n jag­geweer en 22 patrone in hul besit in hegtenis geneem is. Die verdagtes met die renosterhorings is nog soek.


NOG DRIE IN APRIL

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van 29 Maart tot 4 April van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is drie ander vermeende renosterstropers op 1 April by Okahao in hegtenis geneem.

Die beskuldigdes is mnre. David Daniel Shilongo, Asser Ndiili Amwaama en Alex Shipingana Nampweya wat glo ook in die besit van een jaggeweer en nege patrone was.

'n Zambiese burger, mnr. John Lyakutonga Muketukwa, is op 3 April by Menias Brian Libuto met twee olifanttande glo in sy besit in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!