Ses vas wat hul as polisie voordoen
Ses vas wat hul as polisie voordoen

Ses vas wat hul as polisie voordoen

Augetto Graig
Augetto Graig – Die Namibiese polisie (Nampol) het ses mans vasgetrek vir die kaping van ’n voertuig Sondag op Windhoek se westelike verbypad.

Die mans het na bewering 'n kamma-padblokkade opgestel en minstens twee het hulle as polisiebeamptes voorgedoen. 'n Jong ma is met haar twee maand oue babaseun in die voertuig deur hulle afgetrek, waarna sy glo aangerand is. Sy is bewusteloos uit die voertuig gesleep waarna die mans na bewering met haar VW Polo weggery het.

Haar baba is langs haar langs die snelweg gevind. Sy was nie by haar bewussyn nie en het eers bygekom toe 'n weldoener haar te hulp gesnel het.

Volgens Nampol is die verdagtes Dinsdag aangekeer nadat inligting van ’n lid van die publiek ontvang is. Die bron is glo genader om die voertuig te koop.

Hulle sal vandag in die Windhoekse landdroshof in Katutura verskyn.

Nampol het ligte en ander onderdele van die voertuig ook teruggekry, insluitend die spieëls, die battery en gereedskap. Die motor se spaarwiel word nog gesoek.

Die polisie soek ook steeds die voertuig wat as ’n polisievoertuig vermom is, en die blou en rooi polisieligte wat gebruik is.

FOTO
Hierdie gereedskap, spieëls en motorbattery is deur die Namibiese polisie teruggekry na ses verdagtes vir Sondag se kaping op Windhoek se westelike verbypad vasgetrek is. Foto Nampol

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!