Ses vermeende renosterstropers vas
Francoise Steynberg - Ses vermeende renosterstropers is vasgetrek nadat 'n witrenosterbul verlede week in die Okahandja-distrik gestroop is.
Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is die karkas van die bul met sy horings verwyder omstreeks 07:30 op Vrydag, 8 Januarie op 'n private wildreservaat gevind.
"Speurders van die taakspan en die eenheid vir beskermde spesies van die Namibiese polisie het verlede Saterdag 'n intelligensie-gedrewe ondersoek van stapel gestuur. Tydens 'n geheime operasie is twee verdagtes, mnre. Jeff Makayi Nadango (36) en Stefanus Muyenga Musore (49), in die Lafrenz-nywerheidsgebied met twee vars renosterhorings in hul in hegtenis geneem," het De Klerk gisteraand aan Republikein gesê.
"Verdere ondersoek deur die span het gelei na die Otjetu-nedersetting op Okahandja waar nóg vier Namibiese mans dieselfde dag in hegtenis geneem is. Beslag is op 'n ongelisensieerde jaggeweer met ammunise, asook ander stroperytoerusting gelê, asook die voertuig wat tydens die misdaad gebruik is."
Die vier verdagtes is mnre. Zekka Petrus Ihemba (45), Mayembe Alfeus Kamwengo (38), Matyayi Thomas Sivambo (36) en die 50-jarige Kativa Frans Musenge.
Volgens De Klerk is al die verdagtes deel van 'n stroperysindikaat wat die bul op die natuurreservaat gestroop het en een van die verdagtes is 'n werker daar.
Al die verdagtes het volgens hom reeds in die hof verskyn. Nadango en Musore het in die landdroshof op Okahandja verskyn en bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning op 24 Junie. Die ander vier beskuldigdes het in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn. Hulle bly ook in aanhouding tot hul volgende verskyning op 25 Maart.
De Klerk het bevestig die witrenosterbul is die eerste renoster wat in 2021 in die land gestroop is.
- [email protected]
Foto ter illustrasie Francoise Steynberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie