Ses vroue landswyd verkrag
Twee bokke en 20 hoenders is die oënskynlike motief vir 'n moord.
Sedert Woensdag is ses verkragtings landswyd by die polisie aangemeld waarvan die jongste slagoffer 15 jaar oud was, lui die misdaadverslag van die Namibiese polisie.
By die Ngcamade-nedersetting in die Kavango-Wesstreek is twee minderjariges in die ouderdom van 13 en 15 jaar in hegtenis geneem nadat hulle 'n 15-jarige meisie verkrag het. Hulle het die slagoffer glo na een van die verdagtes se huis gesleep en daar verkrag. Die voorval het Donderdag om 22:00 plaasgevind.
• 'n Man het Vrydag om 21:00 by 'n huis in Kitundastraat in Otjomuise toegang tot die huis van sy eksmeisie verkry en haar verkrag. Die slagoffer (40) wat gestremd is en die verdagte het glo 'n kind saam en sy het 'n beskermingsbevel teen hom.
Die verdagte het haar glo vantevore herhaaldelik verkrag, maar sy het dit nooit aangemeld nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
• 'n Twee-en-dertigjarige vrou is Woensdag om 22:00 by die Makolonga-nedersetting in Katima Mulilo glo deur 'n 25-jarige verdagte verkrag. Die verdagte het na bewering aan die vrou se huisdeur geklop en voorgegee dat hy hulp benodig nadat hy aangerand is. Die slagoffer en haar man het die deur oopgemaak en die verdagte het die man aangerand. Hy het toe die vrou verkrag, terwyl die man vir hulp gaan soek het. Die verdagte is in hegtenis geneem.
• Vrydag tussen 01:00 en 02:00 het 'n verdagte in die Kanaan C-nedersetting op Epako by die huis van sy 27-jarige slagoffer ingebreek en haar verkrag. Die verdagte het ook die slagoffer se selfoon gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
• Na bewering het 'n 38-jarige man Vrydag om 20:30 'n 19-jarige vrou in die informele nedersetting Harambee op Karibib verkrag. Die verdagte en die slagoffer was glo saam met ander mense by 'n kuierplek.
Die verdagte het die slagoffer tot by haar huis agtervolg en haar kombuisdeur oopgeskop om toegang tot haar huis te verkry waar hy haar verkrag het terwyl sy geslaap het. Die man is in hegtenis geneem.
• 'n Twintigjarige vrou is Saterdag om 22:00 in Otjiwarongo se informele nedersetting Ombili glo deur 'n 19-jarige man verkrag. Die verdagte het haar glo in die bosse aangerand en verkrag. Niemand is in hegtenis geneem nie.
MOORDE
Na bewering het 'n graad 9-leerling van die Hoërskool Tutaleni in Kuisebmond op Walvisbaai vir Tuhafeni Kamanya (18), ook in graad 9 by dieselfde skool, met 'n onbekende voorwerp in die nek gesteek.
Kamanya kon dit regkry om huis toe te gaan en vir sy ouers te vertel wie hom gesteek het, waarna hy inmekaar gesak het. Hy is op pad na die hospitaal dood. Die verdagte het ná die voorval na sy oom se huis op Swakopmund gevlug en hom van die voorval ingelig. Die oom het die polisie in kennis gestel en het die verdagte na die Mondesa-polisiekantoor geneem waar hy in hegtenis geneem is.
• Saterdag het 'n onbekende aantal verdagtes 'n 42-jarige man met stene doodgeslaan en sy twee bokke en 20 skape gesteel. Die voorval het by Satan Slot no. 1 in Windhoek plaasgevind.
• 'n Man (38) het glo Saterdag om 01:00 in die Omufituwanauyala-nedersetting op Outapi sy neef met 'n okapi-mes doodgesteek. Na bewering het drie neefs in die huis gesit en vis met die mes verwerk. Een van die neefs het opgestaan om sout te gaan haal en met sy terugkoms, het hy mnr. Fillemon Ndeshimona (22) in 'n poel bloed sien lê. Die verdagte het glo by hom verbygestap en gesê hy gaan nou selfdood pleeg.
Ndeshimona is na die Outapi-hospitaal geneem en is met sy aankoms dood verklaar. Die verdagte is in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie