Sesde vermeende renosterstroper vrygelaat
Sesde vermeende renosterstroper vrygelaat

Sesde vermeende renosterstroper vrygelaat

Francoise Steynberg
Die sesde beskuldigde in 'n renosterstroperysaak is vandag borgtog van N$6 000 in die landdroshof op Outjo toegestaan.

Mnr. Rukeeveni Nguronda (34) en sy vyf medebeskuldigdes, mnre. Simon Petrus Mbanzi (37), Immanuel Haingura (42), Christopher Kanonga (37), Joseph Kativa Ndumba (44) en die 28-jarige mnre. Abel Dumeni, word daarvan beskuldig dat hulle op 27 Mei 'n swartrenosterbul by 'n luukse lodge suidwes van die Etosha Nasionale Park gestroop het. Sedert Maart 2018 is al 13 renosters op dié lodge gestroop.

Die vyf medebeskuldigdes is reeds op borgtog van N$10 000 elk op 26 Junie vrygelaat, ondanks die gemeenskap van Outjo wat tydens 'n optog opgeruk het met plakkate en drie petisies teen hul vrylating. Hulle is op 29 Mei naby Rundu in hegtenis geneem.

Nguronda is eers op 21 Junie in hegtenis geneem en het sy eerste verskyning op 24 Junie in die hof gemaak.

Staatsaanklaer Adjah Nepembe het nie borgtog vir Nguronda teengestaan nie.

Hy het ook aangedui dat hy vir regshulp aansoek wil doen. Die ander beskuldigdes word deur twee private regslui, mnr. Trevor Brockerhoff en me. Tjitja Harases, verteenwoordig.

Landdros Immanuel Udjombala was op die bank.

Die saak is tot 30 September vir verdere ondersoek uitgestel.

Foto ter illustrasie Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!