Sesjarige deur 17-jarige skoolkind verkrag
Volgens die polisie se misdaadverslag is ses mense in twee ongelukke dood, en was kinders weer eens slagoffers van geweld.
Tanja Bause
'n Sesjarige meisie is in die Oshitosi-nedersetting by Okatope verkrag deur 'n 17-jarige seun wat in graad 5 is.
Hy het die jong preprimêre leerling, wat van die skool af op pad huis toe was, onder 'n boom verkrag.
In 'n ander voorval het die driejarige Stefanus Simaneka Vrydag in die Okadhiya-nedersetting by Okatope versmoor. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het hy en 'n tienjarige seun mekaar met sand gegooi. Hy het geval, en die verdagte het op hom gaan sit en sand in sy mond gegooi waarna hy versmoor het.
Mnr. Harold Rooi (28) is Maandag om 00:30 in Blok E op Rehoboth met 'n tradisionele mes doodgesteek. Rooi en 'n vriend het verby 'n huis geloop en gehoor hoe die verdagte en sy meisie baklei.
Hy het probeer om die geveg te stop waartydens die verdagte hom met 'n mes in sy nek gesteek het. Rooi het op pad na die hospitaal gesterf. Die 25-jarige verdagte is in hegtenis geneem.
In nóg 'n mesaanval is die 51-jarige mnr. Frankie Aweseb Saterdag glo deur sy neef doodgesteek. Die voorval het om 13:25 in die Kuvukiland- informele nedersetting by Tsumeb plaasgevind.
Volgens die polisie het die mans deur Kuvukiland gestap toe 'n bakleiery tussen hulle uitgebreek het.
Die verdagte het na bewering 'n mes uitgehaal, sy neef in die bors gesteek en weggehardloop. Aweseb het klippe opgetel en hom daarmee gegooi, waarna hy inmekaargesak en gesterf het. Die verdagte is later in hegtenis geneem.
Saterdagnag is die 31-jarige mnr. Absalom Nghishidibwa met 'n ysterpyp in sy maag geslaan en op die toneel dood. Volgens die polisie was hy en nog 'n man by 'n huis in die Tsaraxaibes-nedersetting op Otjiwarongo in 'n geveg betrokke.
Die oorledene het uit die huis gehardloop en is deur drie mans buite die huis aangerand. Die verdagtes, onderskeidelik 17, 18 en 23 jaar oud, is in hegtenis geneem.
Die liggaam van 'n onbekende man is Saterdagoggend in die Goreangabdam buite Windhoek gevind. 'n Verbyganger het die lyk Sondag om 08:30 gewaar en die polisie in kennis gestel.
Enige persoon wat 'n familielid vermis, word versoek om met die polisie in verbinding te tree.
Ongelukke
Saterdag was 'n familie in hul dubbelkajuitbakkie onderweg na hul huis in Khorixas toe die bestuurder (23) beheer oor die voertuig verloor het.
Die bakkie het omgeslaan en mnre. Ronaldo Theodetus (20) en Paulus Mushindi (40) is op slag dood.
Mnre. Hansen Goagoseb (25) en Gorden Mushindi (38) het onderweg na die hospitaal beswyk. Sewe ander passasiers is met ligte beserings na die hospitaal geneem.
In 'n ander ongeluk het 'n voertuig met 11 insittendes Sondag om 10:00 in die Otjimbingwe-omgewing 61 kilometer buite Karibib omgeslaan nadat die bestuurder beheer verloor het. Mee. Grace Nauises (18) en Monach Xoagus (15) is op slag dood. Die ander passasiers is met ligte tot ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie