Sessions getuig voor senaatskomitee
Sessions getuig voor senaatskomitee

Sessions getuig voor senaatskomitee

Amerika se prokureur-generaal het die bewering dat hy met Rusland saamgewerk het om die 2016-presidentsverkiesing te beïnvloed, as ’n “verfoeilike leuen” afgemaak.
Amerika se prokureur-generaal, Jeff Sessions, ’n senior lid van Trump se kabinet en ’n adviseur vir sy verkiesingsveldtog, het byna drie uur getuig tydens ’n reeks gespanne interaksies met Demokrate in die Senaat-intelligensiekomitee.

Hulle het hom probeer kry om te praat oor wat hy met die president bespreek het.

“Jy het jou regterhand gelig en plegtig gesweer om die waarheid, die volle waarheid en niks anders as die waarheid te praat nie,” het Martin Heinrich, ’n senator van die Demokrate, gesê. “Nou beantwoord jy nie vrae nie. Jy belemmer hierdie ondersoek.”

Sessions het geweier om te sê of hy en Trump die FBI-direkteur, James Comey, en die ondersoek na Russiese inmenging in 2016 se Amerikaanse presidentsverkiesing bespreek het voordat Comey in Mei die trekpas gegee is.

Hy het ook geweier om te sê of Trump sy besluit om homself te verskoon van enige ondersoek oor die rol wat Rusland teengestaan het, en of die departement van justisie moontlike presidensiële kwytskeldings oorweeg van mense wat die teiken is van die ondersoek.

Ron Wyden, ’n senator van die Demokrate, het aan Sessions gesê: “Ek glo die Amerikaners is moeg van hierdie tipe teenkanting. Amerikaners wil nie hoor dat antwoorde op relevante vrae nie vir almal bedoel is nie.”

“Ek is nie besig om iets weg te steek nie,” het Sessions geantwoord en gesê dat hy eenvoudig die beleid van die departement van justisie volg om nie vertroulike kommunikasie met die president te bespreek nie.

Sessions se getuienis het geen skadelike nuwe inligting oor Trump-veldtogte se moontlike bande met Rusland of Comey se ontslag na vore gebring nie, maar sy weiering om gesprekke met Trump te bespreek, het opnuut vrae laat ontstaan of die Withuis iets het om weg te steek. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!