Sestien dood nu00e1 skietery in kerk
Sestien dood nu00e1 skietery in kerk

Sestien dood ná skietery in kerk

Die bloedige gevegte hou verband met weidingsregte en kwynende vrugbare grond.
Minstens 16 mense is Dinsdag dood in 'n kerk in Nigerië toe 'n groep veewagters op die gemeente losgebrand het. Twee van die oorledenes was priesters.

Honderde mense is al vanjaar in gevegte tussen veewagters en boere in die sentrale deel van Nigerië dood, berig Reuters.

Dié geweld plaas druk op pres. ­Muhammadu Buhari minder as 'n jaar voor die volgende verkiesing.

Die bloedige gevegte hou verband met weidingsregte en kwynende vrugbare grond en het vrae laat ontstaan oor die regering se vermoë om veiligheid in die land te handhaaf.

Moses Yamu, polisiewoordvoerder in Benue, sê die aanval het omstreeks 06:00 in die dorpie Ayar Mbalom plaasgevind.

Veewagters wat by die geweld ­betrokke is, is hoofsaaklik Moslems en deel van die Fulani-groep. Lede van die gevestigde boeregemeenskap is weer meestal Christene. Die aanvalle word deur albei kante uitgevoer.

Die begin van die jaar is sowat 73 mense in 'n soortgelyke voorval dood en 'n massabegrafnis is in Makurdi, Benue, gehou.

Kritici van Buhari, wat 'n Moslem en 'n Fulani is, het hom daarvan ­beskuldig dat hy nie optree teen die veewagters nie omdat hulle van dieselfde etniese groep is. Sy regering het dié gerugte egter herhaaldelik ontken.

Buhari het die jongste aanval as ­gruwelik beskryf.

“Om 'n plek van aanbidding te skend, en om priesters en aanbidders dood te maak is nie net veragtelik nie, dit is boos en Satanisties.

Dit is duidelik beplan om godsdienstige konflik aan te vuur,” sê hy in 'n verklaring. - Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!