Sestien sterf in ongelukke
Sestien sterf in ongelukke

Sestien sterf in ongelukke

'n Vrou het haar kêrel glo met 'n mes doodgesteek.
Tanja Bause
Die Namibiese polisie benodig die publiek se hulp met die uitkenning van 'n vrou wat op die hoofpad tussen Ondangwa en Ongwediva gesterf het.

Volgens hul misdaadverslag is die vrou Saterdag omstreeks 20:00 doodgery.

Lede van die publiek wat 'n familielid vermis, kan die polisie kontak of die lykshuis besoek om die vrou te identifiseer.

Twee mense het Saterdag om 22:10 sowat 10 km buite Swakopmund op die C28-pad gesterf toe die bakkie omgeslaan het waarin hulle gereis het.

Die ander insittendes is na die staatshospitaal op Swakopmund geneem en is later na 'n hospitaal in Windhoek oorgeplaas.

Sondag is die driejarige Joevi Nambahu deur 'n sleepwa getref. Die ongeluk het omstreeks 10:00 by sy huis op Oshivelo plaasgevind. Sy pa het glo die bakkie bestuur wat die sleepwa gesleep het.

Nambahu is na die Oshivelo-kliniek geneem waar hy deur die suster aan diens dood verklaar is.

Die bestuurder van 'n sedan het Sondag om 22:00 in die Eenyika-nedersetting by Eenhana vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor.

Hy het van die pad af gery en teen 'n boom gebots. Sy passasier, mnr. Paulus Nghifinwa (24), is op die toneel dood.

Sondag om 09:00 het Angela Maiba (13) en Jacques Venter (13) in 'n busongeluk op die hoofpad tussen Kalk­rand en Mariental gesterf.

Die bestuurder van die bus met 65 skoolkinders het vermoedelik beheer oor die bus verloor en die bus het omgeslaan.

Donderdag om 19:00 het 'n bakkie op die hoofpad tussen Bethanie en Goageb omgeslaan. Volgens die polisie was sewe mense in die bakkie toe die ongeluk gebeur het.

Mnr. Brandon Wayland (25) en me. Yolandy Fredericks (27) het op die toneel gesterf en vyf insittendes is met ernstige beserings in die staatshospitaal op Keetmanshoop opgeneem.

Dieselfde aand is me. Celeste Abrahams (45) op die toneel van 'n ongeluk op die B1-hoofweg, sowat 120 km van Keetmanshoop af, dood.

Die bestuurder van die voertuig waarin sy 'n passasier was, het na wat verneem word beheer daaroor verloor en die voertuig het omgeslaan.

Vier mense is Donderdagaand in twee verskillende ongelukke in die Noorde dood.

Die eerste ongeluk het om 16:45 op die hoofpad tussen Otavi en Tsumeb plaasgevind toe die voertuig omgeslaan het.

Mee. Selma Hanamus (43) en Immany Hanamus (18), beide inwoners van Otavi, is op die toneel dood.

In die tweede ongeluk wat om 18:00 op die hoofpad tussen Otavi en Otjiwarongo plaasgevind het, het mee. Hulda Booys en Tanja Josob gesterf.

Die bestuurder van die kombi het glo beheer oor die voertuig verloor toe hy 'n ander voertuig probeer verbysteek het. Die voertuig het omgeslaan.

'n Ma en haar agt maande oue baba het Donderdag om 20:10 in die Kambumbu-nedersetting gesterf toe hulle deur 'n voertuig getref is.

Me. Theresia Mulyeni was glo besig om die pad oor te steek met haar baba, Gotfried Matyayi, op haar rug toe hulle omgery is. Sy het op die toneel gesterf en die baba is later in die Nankudu-hospitaal dood.

Die bestuurder is in hegtenis geneem en 'n saak van strafbare manslag en bestuur sonder 'n geldige rybewys is geopen.



VERMEENDE Moord

Saterdag omstreeks 03:35 het 'n vrou (36) na bewering haar kêrel met 'n mes doodgesteek.

Die voorval het by 'n huis in Mondesa op Swakopmund plaasgevind. Die vrou en mnr. Fillipus Mateus het na wat verneem word in 'n stryery betrokke geraak, waartydens sy hom drie keer met 'n mes gesteek het. Mateus het op die toneel gesterf en die vrou het haarself aan die polisie oorhandig.

Mnr. Johannes Frederik (58) is Vrydag om 16:00 in die !Naseb-nedersetting op Gibeon glo met klippe doodgegooi.

Vier mense het die 18-jarige mnr. David Thaniseb Saterdag glo ná 'n stryery by Louw Inn op Twyfelfontein aangerand en doodgesteek.

Drie van die verdagtes is in hegtenis geneem terwyl die vierde op die vlug geslaan het.

Reyley Garoes (2) het Saterdag in haar ma se sinkhuis doodgebrand.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!