Sestien verloor alles in brand
Tanja Bause - Sestien mense het al hul besittings verloor in ’n brand wat hul sinkhuise en ondernemings verwoes het.
“Die brand het 10:00 op 16 Augustus begin toe die meeste van ons by die werk was. Alles is vernietig. Ons het net die klere oor wat ons op daardie dag gedra het. Ons kon nie eens ons dokumente red nie,” het me. Menette Salom gesê.
Op die groot erf in die Havana informele nedersetting was talle sinkhuise, ’n salon, ’n klein winkel en ’n sjebeen geleë.
Die inwoners het nie net al hulle besittings verloor nie, maar ook die inhoud van die drie ondernemings wat van die perseel af handel gedryf het. Die sinkplate is deur die vuur beskadig en kan nie meer gebruik word nie.
“Ons woon op die oomblik in my broer se sinkhuis, maar die plek is klein en ons is baie. Ons pak ons matrasse snags langs mekaar en slaap soos sardientjies. Ons bure het ons baie gehelp met klere, komberse en matrasse. Hulle het gegee wat hulle kon,” het Salom gesê.
Volgens haar is hulle tans besig om die sinkhuise en ondernemings stelselmatig weer op te bou, maar dit gaan stadig omdat hulle net nuwe sinkplate kan koop wanneer daar geld inkom.
Sy sê ’n raadslid van hul kiesafdeling het hulle op die dag van die brand besoek en vir hulle drie sakke mieliemeel gegee. Hul behoeftes bly egter groot.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie