Seun (10) verdrink in dorpsdam by Otjiwarongo
Enzo Amuele - 'n Seun van 10 jaar het Vrydagmiddag omstreeks vieruur in 'n dam by Acacia Park op Otjiwarongo verdrink.
Volgens ’n polisieverslag het die seun saam met vier maats in die dam geswem toe hy in die diep modder gegly en verdrink het.
Sy liggaam is kort voor sesuur die middag deur die munisipaliteit se nooddienstespan uit die dam gehaal.
Die polisie op dié dorp het ’n beroep op ouers gedoen om die doen en late van hul kinders te monitor en seker te maak sulke voorvalle word vermy. Die meeste riviere loop en die damme is vol ná die onlangse reën.
Die oorledene is as Paulo Simon Tulonga geïdentifiseer en sy naasbestaandes is van sy dood in kennis gestel.
Die hoof van die nooddienste op Otjiwarongo, mnr. Daniel Pavaza, het gesê die dorp kinders swem gewoonlik in dié dam. “Hierdie seuns swem in die dam, want waar daar water is, wil die kinders speel,” sê hy.
Onderskrif: Die dam waar die seun verdrink het. Foto Enzo Amuele

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie