Seuns wat kos soek, kry babalykie
Seuns wat kos soek, kry babalykie

Seuns wat kos soek, kry babalykie

Denver Kisting
Denver Kisting – 'n Tienerseun en 'n jong volwassene het Woensdagaand gedink hulle het vleis in 'n munisipale vullisdrom ontdek toe hulle op die lykie van 'n pasgebore babameisie afkom.

Volgens hulle het hulle gesien hoe drie jong kinders met die sak uit 'n woonstelkompleks kom en dit in 'n drom gooi.

Die bloederigheid wat hulle aanvanklik waargeneem het, het hulle laat vermoed dit was vleis.

By nadere ondersoek het hulle die skokontdekking gemaak.

Die jongelinge het die gruvonds in Funky Town, 'n gedeelte van Khomasdal, in die hoofstad gemaak.

Luidens 'n voorvalverslag van die stadspolisie is die voorval om 21:03 aangeteken. “Lede het gerapporteer dat twee seuns wat op soek was na kos in 'n vullisdrom 'n ten volle ontwikkelde fetus van 'n babameisie in 'n swart plastieksak gevind het wat deur drie kinders gestort is.”

Die kinders het volgens die verslag aangevoer “hulle is deur twee dames die sak gegee om in die drom te plaas”.

Albei dié vroue is deur die Namibiese polisie na 'n hospitaal geneem, lui die verslag.

Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het gister bevestig 'n 23-jarige vrou is in aanhouding in verband met die voorval.

Klagtes van aborsie, verberging van geboorte en regsverydeling staar haar in die gesig, sê Shikwambi.

Dié voorval kom minder as 'n week nadat die twee weke oue Charmaine Moss op Rehoboth begrawe is nadat sy dood is ná 'n verkragting – glo deur haar biologiese pa, mnr. Gert Skrywer (26).

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!