Seuntjie sterf weens slangbyt
Slangnavorser Francois Theart sê die afwesigheid van steun van die regering of private sektor kos lewens.
Francoise Steynberg – 'n Seuntjie is Dinsdagoggend weens 'n sebraslangbyt op pad na die Omatjete-kliniek dood.
Die een jaar en vyf maande oue Nghitukutate Alberto Antonio van die Otjohorongo-nedersetting het saam met sy ouers geslaap en glo in die middel van die nag begin huil.
Volgens die Namibiese polisie het sy ouers hom na die kliniek gehaas.
Inwoners van die nedersetting het later die sebraslang in die kamer gevind, die slang doodgemaak en sy ouers ingelig.
Die seuntjie se liggaam is na die Walvisbaai-lykshuis geneem vir 'n nadoodse ondersoek. Die polisieondersoek duur voort.
“Dit is frustrerend dat elke keer as so 'n tragedie plaasvind, belowe mense hulp en dan word weer daarvan vergeet,” het die slangnavorser mnr. Francois Theart, 'n derdejaarstudent aan die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se biodiversiteitsnavorsingsentrum, in 'n onderhoud op Kletskompas gesê.
Hy sê slangnavorsing kry geen ondersteuning van die private sektor óf die regering nie.
“Ons was in 2018 in die parlement met ons voorlegging vir slangnavorsing. Dit is nie regverdig teenoor die mense van die land en die navorsingspan wat bloed, sweet en trane in die projek insit, maar daar is geen hulp nie,” het Theart gesê.
“Die navorsingswerk wat ons in die stadium doen, gaan lewens verander, maar ons kan ook net soveel doen.”
Theart het onlangs drie sebraslange met senders toegerus om hulle te monitor.
Die navorsing handel onder meer oor hoe verskuiwings slange beïnvloed.
Volgens Theart is die doelwit om met 'n slangkonflikplan vorendag te kom.
“Die data kan gebruik word in die voorkoming van slangbyte. Dit is beter om eerder slangbyte te voorkom,” sê hy.
Hy sê slange ressorteer onder die mandaat van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, asook die minister van gesondheid en maatskaplike dienste.
“Toe ons in die parlement oor slange gepraat het, was ons doelwit dat elke hospitaal en kliniek in hierdie land gedwing sal word om data oor slangbyte te versamel,” het Theart gesê.
“Dit sou ons 'n idee gegee het watter plekke teengif nodig het en ons sou die kwessie kon takel.”
Hy sê daar was 'n dokument opgestel om 'n nasionale komitee te stig wat uit topslangbytkenners sou bestaan, waarop beamptes van die twee ministeries ook sou dien.
“Die dokument is per e-pos én per hand by beide ministeries afgelewer, maar weer eens het niks daarvan gekom nie.”
Hy sê as dit kom by private besighede, is daar ook net leë beloftes.
“Dit moet gaan oor 'n belegging in navorsing om met 'n oplossing vorendag te kom vir die probleem wat ons al jare in die land het,” sê Theart.
“Elke keer as daar 'n tragedie is, word vingers gewys en gevra waarom is daar nie 'n oplossing nie?”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie