Sewe Maerua-bendelede in hul spoor gestuit
Sewe Maerua-bendelede in hul spoor gestuit

Sewe Maerua-bendelede in hul spoor gestuit

Die Namibiese polisie (Nampol) het sewe vermeende lede in hegtenis geneem van ’n gewapende bende wat van die Maerua-inkoopsentrum in die hoofstad hul jagveld gemaak het.

’n Reeks waaghalsige gewapende rooftogte het mense geteiken wat geld by banke in dié inkoopsentrum gaan deponeer het.

In die eerste voorval op Maandag 17 Januarie het vyf van die verdagtes omstreeks 09:23 by die onderdakparkering van die Maerua-inkoopsentrum aangekom, nadat hulle glo ’n man vanaf die Puma-diensstasie in Evelinestraat agtervolg het.

Volgens die polisie het die 34-jarige sakeman na die sentrum gery met die doel om kontant te deponeer. Met sy aankoms het hy met twee skootrekenaarsakke met kontant in, uit sy voertuig geklim.

Hy is met vuurwapens gedreig en twee skote is afgevuur, sê die polisie in sy misdaadverslag oor die voorval.

Die verdagtes het die twee sakke gegryp en ook sy vuurwapen afgeneem voor hulle op die vlug geslaan het.

Die polisie het aanvanklik gesê twee of drie vuurwapens is in die rooftog gebruik en ’n silwer Toyota Corolla Quest-sedanvoertuig met vals registrasiemerke is as die wegkomvoertuig gebruik.

Beweringe het die ronde gedoen dat die bestuurder van die voertuig ’n vrou was. Tydens die rooftog is altesaam N$505 000 gebuit.

Die tweede insident het Maandag plaasgevind. Die polisie het ’n ondersoek van stapel gestuur ná ’n gewapende rooftog omstreeks 10:23 dié oggend by ’n ingang van dieselfde inkoopsentrum.

’n Jong vrou (27) is tydens die voorval van N$162 000 kontant beroof.

Luidens die polisie het sy saam met ’n Kubaanse sakekollega na die sentrum gegaan om kontant vir ’n besigheid te deponeer.

Vier mans met swart kappies (hoodies) en maskers het hulle by die ingang aangeval.

Een verdagte het ’n vuurwapen gehad en ’n skoot is afgevuur.

Twee van die verdagtes is dieselfde middag vasgekeer en Nampol het reeds N$18 000 van die gesteelde kontant teruggevind.

Die polisie het gister meer inligting oor die spesiale taakmag se bedrywighede gedeel om dié bende vas te trek.

'n Gesamentlike taakmag bestaande uit lede van die Namibiese polisie en die Windhoekse stadspolisie het altesaam sewe verdagtes in boeie gesit.

Lede van die eenheid vir ernstige misdaadondersoeke en die stadspolisie se bende-eenheid het 'n klopjag op 7 Februarie vanaf seweuur die oggend tot sesuur die volgende oggend uitgevoer.

Altesaam N$18 000 kontant is by een verdagte gevind, en N$8 700 by 'n ander. Die N$8 700 is glo deel van die kontant wat die vorige dag tydens die rooftog gebuit is.

Volgens die polisie is 'n rooi VW Polo met Windhoek registrasiemerke en 'n silwer VW Polo met Walvisbaai-registrasiemerke wat glo albei met gesteelde geld gekoop is, sowel as die silwer Toyota Corolla gekonfiskeer.

Volgens die polisie is die eienaar van die Corolla die ma van een van die verdagtes wat steeds op vrye voet is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!