Sewe ton varswatervis geoes
Tanja Bause - Die jaarlikse varswatervis-oes het onlangs by die Epalela-visplaas plaasgevind.
Epalela is die regering se grootste plaaslike navorsingsvisplaas.
Dit beskik oor 12 damme met ’n jaarlikse produksie van 48 ton vis.
Vanjaar is 14 ton vis geoes, waarvan sewe ton tydens die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, se besoek aan Epalela geoes is.
“Ons sal sowat 30 ton vis teen die einde van ons finansiële jaar op 31 Maart 2019 geoes het,” het hy gesê.
Namibië het ’n subtropiese klimaat, wat uit vier seisoene bestaan.
Dit strem die varswater-akwakultuurproduksie omdat daar net ses maande met optimale temperature van 26 grade Celsius of meer is.
“Ek kan aankondig die ministerie het toestemming ontvang om manlike hormone vir die behandeling van klein vissies te gebruik, sodat net manlike tilapiavisse gelewer word.
“Die plaas se produksie sal toeneem omdat enkelgeslag visse vinniger groei. Die oestyd word ook verkort en produksiekoste neem af,” het hy gesê.
Die plaas se goeie oes is te danke aan die National Fishing Cooperation of Namibia (Fiscor) se volgehoue kosverskaffing die afgelope twee jaar.
Fiscor het ook met die oprig van nette oor die damme gehelp sodat voëls nie die klein vissies vang nie.
“Die ministerie is tans besig met uitbreidingsdienste om visboerdery onder die plaaslike gemeenskap te bevorder.
“In die 2017-’18 finansiële jaar het ons 50 aktiewe kleinskaalse visboere in die noordwestelike streke gehad, waarvan 22 in die Omusatistreek is.
“Daar is ook ’n nuwe kommersiële visplaas met ’n verwagte produksie van 100 ton.”
Die vis is tydens die jaarlikse visoes op Epalela geoes, verwerk en verkoop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie