Sewe verdagtes in hegtenis vir gewapende roof
Sewe verdagtes in hegtenis vir gewapende roof

Sewe verdagtes in hegtenis vir gewapende roof

Henriette Lamprecht
'n Gesamentlike span bestaande uit lede van die Namibiese polisie en die Stadspolisie het verskeie verdagtes in hegtenis geneem wat die eienaars van besighede geteiken het wat onderweg was om geld by die Maerua-inkoopsentrum in die hoofstad te deponeer. Sewe verdagtes wat met voorvalle van roof verbind word, is reeds deur die span vasgetrek. 'n Bedrag van N$18 000 in kontant is by die een verdagte gekry, terwyl N$8 700 in kontant by nog 'n verdagte gevind is. Laasgenoemde is deel van kontant wat gister tydens 'n rooftog gebuit is. Volgens die polisie is 'n rooi Polo wat in gister se rooftog gebruik is, ook gekonfiskeer. 'n Silwer Polo, sowel as 'n silwer Toyoto Corolla wat in twee rooftogte gebruik is, is ook gekonfiskeer. Volgens die polisie is die eienaar van die Corolla die ma van een van die verdagtes wat steeds op vrye voet is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!