Sewejarige verdrink in Goreangabdam
Augetto Graig – Die polisie se soektog die naweek na die jong Steven Ndeutapo (7) wat Vrydagmiddag in die Goreangabdam naby Penduka verdrink het, was gisteroggend eindelik suksesvol.
Hy het glo vanaf ’n groot waterpyp ingespring en onder die water verdwyn toe hy saam met maats gaan swem het. Die polisie kon Saterdag sy ouers opspoor en hulle het op die toeneel bevestig dat die klere wat op die wal gevind is, dié van hul kind is.
Die duiker en paramedikus mnr. Percy Openshaw het die donker waters van die Goreangabdam Saterdag en weer gister aangedurf om na die seun te soek.
Volgens hoofinsp. Nickodemus Nehale het Openshaw vir meer as twee ure Saterdag geduik op soek na die seun.
Gister het Nehale aan Republikein bevestig hulle het die seun gevind. Teen middagtyd het hulle op die polisie se lykswa gewag.
Nehale sê die groot waterpyp is ’n gevaar omdat mense dit gebruik om die dam oor te steek en hy doen ’n beroep om die munisipaliteit om dit af te baken.
Hy sê mense ry selfs met fietse oor die pyp. “Dis ’n groot risiko en te veel lewens is al so verloor,” sê hy oor dié kortpad oor die dam.
– [email protected]
FOTO
Die duiker mnr. Percy Openshaw soek na die seun wat vermoedelik Vrydag in die Goreangabdam verdrink het. Foto Augetto Graig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie