Sewende verdagte in N$3,5 miljard-saak vas
Jacqueline Louw - Die 46-jarige me. Jia Hongying is verlede week op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in hegtenis geneem op klagte wat met die N$3,5 miljard-bedrogspul in doeaneheffing en buitelandse valuta verband hou.
Hongying het verlede Dinsdag voor landdros Mwilima Mwilima verskyn. Sy is die sewende beskuldigde in die saak waarin Walvisbaaise sakeman Laurensius Julius en ses ander Chinese burgers reeds op klagte van bedrog en geldwassery tereg staan.
Borgtog van N$500 000 is aan Hongying toegestaan. Haar borgtogvoorwaardes is dat sy nie die Oshikango-distrik sonder toestemming van die ondersoekbeampte mag verlaat nie, dat sy haar reisdokumente aan die polisie moet oorhandig en een keer per week by 'n polisiekantoor moet aanmeld. Sy bly in aanhouding totdat die borgtogbedrag betaal is.
Hongying sal op 1 Augustus saam met medebeskuldigdes Julius, mnre. Jack Huang, Tao Huizhong, Huang Jinrong, Zhihua Gua en Zhu Honggang in die landdroshof in Windhoek verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie