Sewes skouspel
Die Capricorn Windhoek Gimnasium-sewesrugbytoernooi het vanjaar vier internasionale spanne verwelkom.
Mariselle Stofberg
Die spoed, krag en flink spel van sewesrugby is ongeëwenaard en het weer vanjaar tydens die vierde Capricorn-groep sewesrugbytoernooi by Windhoek Gimnasium vir skitterspel gesorg.
Die Suid-Afrikaanse o.18-skolespan het hierdie naweek oorheers by die toernooi en het vir die vierde keer met die louere weggestap.
Spanne van Namibië, Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe, Duitsland en die Namibiese ontwikkelingsplan het dit in die internasionale afdeling uitgespook om vas te stel watter span as vanjaar se wenners aangewys sal word.
Die span van Suid-Afrika het teen die span van Zimbabwe in die finaal te staan gekom. Dit was ook die eerste jaar wat Zimbabwe in die finaal verskyn het. Die spoed, krag en spanwerk van die Suid-Afrikaanse span, wat vanjaar deur oud-Blitzbok Philip Snyman afgerig is, het die span met ‘n gemaklike wen van 31-0 verseker.
Latica Nela van Michaelhouse in Kwa-Zulu Natal, die kaptein van die Suid-Afrikaanse span, skryf hul sukses toe aan spanwerk en voorbereiding. “Aan die begin van die wedstryd het ons bietjie gesukkel, want Zimbabwe was beslis gedugte teenstanders wat fisies baie sterk was, maar ons het vinnig ons ritme gevind en kon die wen verseker,” sê Nela.
Sy raad aan opkomende spelers is om nooit moed te verloor nie. “Moet nooit ophou werk nie, jou geleentheid sal kom. Wees rustig, werk hard en hou moed.”
Snyman was trots op sy span se prestasie van die naweek en sien uit na die blink toekoms van hierdie opkomende spelers. “Ten spyte van die moeilike weersomstandighede het die span hierdie naweek fenomenale rugby gespeel.”
Die ontwikkelingspan van Namibië het beïndruk dié naweek en het dit reggekry om vierde te eindig, na hul wedstryd teen Duitsland wat die plaat finaal gewen het.
Die span van Namibië het Botswana in die stryd om vyfde- en sesde plek geklop.
Skoolspanne sê mekaar die stryd aan
Die spanne van Windhoek Hoërskool (WHS), Dr Lemmer, Pro-Ed Akademie, Gobabis Gimnasium en Windhoek Gimnasium het mekaar die stryd aangesê in die o.19-afdeling. WHS, Dr Lemmer, Gobabis Gimnasium en Windhoek Gimnasium het ook in die o.15-afdeling deelgeneem.
Beide spanne van Windhoek Gimnasium het die o.15 en o.19-afdelings gewen. Dr Lemmer en Gobabis Gimnasium het dit uitgespook vir die derde- en vierde plek, waar Dr Lemmer se span as die wenners gekroon is.
Tydens die o.19-finaal tussen Windhoek Gimnasium en Pro-Ed Akademie het die span van Gimnasium met 38-19 op eie bodem die wen verseker. WHS het die derde plek bo Dr Lemmer behaal.
Mnr. Wessel Kotzé, die toernooidirekteur, se die toernooi hoop om rugby en rugbyspelers regoor Namibië en in Afrika te bevorder en aan skole die geleentheid te bied om internasionale blootstelling te kry. “Die ontwikkeling van die spelers wat ons tydens hierdie naweek sien is ongelooflik. Die spangees en sportmanskap is duidelik onder almal wat deelneem en ons is trots op wat hierdie toernooi tot dusver kon bereik.”
Mnr. Thinus Prinsloo, die uitvoerende hoof van die Capricorn Groep, het gesê die groep is trots op hul betrokkenheid by die toernooi. “Dit verteenwoordig ons groep se fokus om volhoubare geleenthede in die streke en ons gemeenskap te skep. Sport speel ‘n groot rol in die ontwikkeling van ons jeug, en die omvang en waarde van hierdie toernooi is ongelooflik.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie