Sewesitplektaxi net vir die dorp
Sewesitplektaxi net vir die dorp

Sewesitplektaxi net vir die dorp

Wetgewing om die taxibedryf te reguleer, kan moontlik vroeg volgende jaar aan die parlement voorgelê word.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, het vandeesweek die wet met betrekking tot langafstand- openbare vervoer in ’n ministeriële verklaring voor die Nasionale Vergadering (NV) bespreek.

Volgens dié wet mag ’n voertuig wat tot nege mense, insluitend die drywer, kan huisves, passasiers slegs binne munisipale gebiede teen vergoeding vervoer, het hy gesê.

Mutorwa het bygevoeg slegs minibusse of busse mag mense oor lang afstande tussen munisipale gebiede teen vergoeding vervoer.

“Sewesitplekvoertuigoperateurs met permitte wat hulle toelaat om buite munisipale gebiede werksaam te wees, word vriendelik aangeraai om aansoek te doen of hul permitte aan te pas om binne munisipale gebiede werksaam te wees. Diegene wat permitte uitreik, moet geïdentifiseer word en volgens wet vervolg word,” het Mutorwa gesê.

Hy het gesê die Wet op Padverkeer- en -vervoer nommer 22 van 1999, met sy aanpassings, verkeers- en vervoerregulasies, asook die Padvervoerwet nommer 74 van 1977 geld steeds.

Hoewel dié wetgewing tans onder hersiening is, is voldoening daaraan steeds verpligtend.

Die wetsonwerp op openbare vervoer en passasiers sal na verwagting die 1977-wet vervang, en veral die taxibedryf reguleer.

Beraadslaging met belanghebbers is afgehandel en insette word by die finale weergawe van die wetsontwerp gevoeg.

“Hopelik sal hierdie wetsontwerp die NV vroeg in 2020 haal,” het Mutorwa gesê.

Die minister het die minagting van Namibië se vervoerwette veroordeel – veral teen die agtergrond van padongelukke wat voortdurend toeneem.

Mutorwa het gesê gerugte van ’n verbod op langafstand- openbare vervoer vir sewesitplekvoertuie is onwaar.

“Daar was nooit enige verbod op die gebruik van sewesitplekvoertuie oor lang afstande of tussen stede nie,” het hy gesê.

“Wat ek kan en moet bevestig, is dat daar ’n spesiale operasie bestaan wat op die onwettige vervoer van mense teen vergoeding fokus. Dié spesiale operasie fokus op onwettige werksaamhede: die tipe voertuig vir die vervoer van mense teen vergoeding, oorlading, dronkbestuur, die gebruik van veiligheidsgordels, padwaardigheid en die gehalte van voertuie se bande. Ek is ingelig dat van die sewesitplekvoertuigoperateurs onwettig is,” het die minister gesê.

“Ons, die regering, werk aan ’n toekoms waar passasiervervoer deur middel van geskeduleerde busse gedoen sal word, met meer as 60 passasiers van een dorp na ’n ander, wat gekomplementeer sal word deur spoorvervoer. Dit sal die aantal voertuie op ons paaie verminder. Daardeur sal besoedeling en die effek van klimaatsverandering ook verminder. Ons loof TransNamib vir hul planne om spoorvervoer uit te brei, nie net vir goedere nie, maar ook vir passasiers,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!