SFC was die wenners
SFC was die wenners

SFC was die wenners

Die gasheerklub SFC Swakopmund het die naweek as algehele wenspan uit die stryd getree in die muurbalstryd teen sy buurklub Buccaneers van Walvisbaai. Gister is verkeerdelik berig dat Buccaneers die algehele kompetisie in die jaarlikse 064-bekertoernooi was, terwyl die eindtelling van 40-35 inderdaad in SFC se guns was. Repu­blikein vra verskoning vir ongerief wat deur die glips veroorsaak is. Op die foto is SFC se span wat die mans B-afdeling beklink het – van links Rudi Koekemoer, Michello Olivier, Don Forrest en Danie Jansen. Die toernooi tussen die twee buurklubs sal volgende jaar ook deur Guan's Packaging geborg word. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer