Shafudah bedank skielik
Die uitvoerende direkteur van finansies het in 2017 'n finale skriftelike waarskuwing ontvang omdat sy versuim het om vergaderings oor 'n miljard dollar-projek by te woon.
Mathias Haufiku – Me. Ericah Shafudah het aangekondig dat sy die einde van die maand as die uitvoerende direkteur van finansies sal uittree – 'n pos wat sy vir 11 jaar beklee het.
Republikein se susterkoerant Namibian Sun verneem Shafudah het die aankondiging Woensdag tydens 'n bestuursvergadering met senior ministeriële amptenare gemaak en het gesê sy bedank as gevolg van persoonlike redes.
SKRIFTELIKE WAARSKUWING
Shafudah het in 2017 'n finale skriftelike waarskuwing ontvang omdat sy nie tegniese komiteevergaderings rakende die oprigting van 'n brandstofbergingsfasiliteit by Walvisbaai van 'n miljard dollar, bygewoon het nie.
Die sekretaris van die kabinet, dr. George Simataa, het destyds sy ontevredenheid oor Shafudah se gedrag uitgespreek.
“Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat jou optrede in die Nasionale oliefasiliteitsprojek, meer spesifiek jou versuim om vergaderings by te woon van die tegniese komitee, waarvan jy 'n integrale lid was, bygedra het tot die ontwikkeling van 'n situasie wat die regering benadeel het,” het hy gesê.
Die voormalige prokureur-generaal, mnr. Sacky Shanghala, het Simataa opdrag gegee om ondersoek in te stel nadat die tender vir die konstruksie van die bergingsfasiliteit vir grootmaat-brandstof, wat aanvanklik N$920 miljoen sou wees, tot meer as N$5 miljard opgeskiet het.
Shafudah het gesê sy het tegniese komiteevergaderings bygewoon wanneer sy genooi is, en dit staan op rekord dat wanneer sy dit nie kon bywoon nie, het sy verskoning gemaak.
Die waarskuwing was vir 'n tydperk van 12 maande geldig.
Shafudah het Simataa se metode van ondersoek bevraagteken wat tot haar finale waarskuwing gelei het.
“Ek is blykbaar deur 'n ondersoek, waarvan die bevindings nie aan my beskikbaar was nie (sic), skuldig bevind,” het sy gesê en bygevoeg dat sy nie die geleentheid gegee is om haar kant van die saak te stel nie.
SHAFUDAH SE AMPSTERMYN
Die 59-jarige het haar professionele loopbaan as onderwyser begin en later by die Nasionale Beplanningskommissie aangesluit. Daarna het sy as ondersekretaris vir die tesourie na die ministerie van finansies geskuif.
Daar het sy onder drie ministers gedien, naamlik me. Saara Kuugongelwa-Amadhila (nou eerste minister), mnr. Calle Schlettwein (tans landbouminister) en die huidige minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi.
Terwyl sy as uitvoerende direkteur gedien het, het Shafudah ook verskeie filantropiese projekte van stapel gestuur soos die Ericah Shafudah Financial Management Foundation Trust om weerlose skoolmeisies te help.
Die trust betaal die klasgelde van jong meisies wat by plaaslike universiteite studeer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie