Shaliaxwe en Armas-Namupala wen unieke titels

Die Rössing-marathon moes in sy 30ste bestaansjaar aanpassings ondergaan.
Geskiedenis is laas naweek gemaak toe Jeremia Shaliaxwe sy eerste Rössing-marathon gehardloop en in twee ure 19 minute 59 sekondes gewen het.

Meer as 300 atlete het aan die 30ste Rössing-marathon deelgeneem – wat vanweë Covid-19 vir die eerste keer virtueel aangebied is. Die organiseerders wou aanvanklik 'n uitsoekgroepie elite atlete na 'n mini-byeenkoms op Swakopmund nooi, maar regulasies en die huidige vlakke van die Covid-pandemie het dié voorneme omwerkbaar gemaak.

Shaliaxwe, wat sy wedloop in Windhoek gehardloop het, het agterna gesê: “Dit was nie maklik nie, maar ek is baie opgewonde om met my eerste marathon as oorwinnaar uit die stryd te tree.

“Ek het in Windhoek met baie bulte en verkeer gehardloop en die weer was glad nie lekker nie. Maar ek myself aangespoor nadat my spanmaat uitgeval het en ek verder alleen moes hardloop.”

Die onblusbare Alina Armas-Namupala was vir die sesde keer dié byeenkoms se vrouewenner, in 2:51:01.

Beide dié kampioene het N$10 000 in prysgeld en 'n ontwikkelingsbonus van N$20 000 vir sportverwante uitgawes ontvang.

Altesaam N$90 000 sal aan die wenners in die onderskeie kategorieë uitbetaal word, het Daylight Ekandjo, skakelhoof van Rössing Uranium, gesê. Inskrywings was net oopgestel vir hardlopers op enige plek in Namibië.

Armas-Namupala het vertel: “Ek het sedert Desember laasjaar vir dié byeenkoms geoefen en het uitgesien na 'n fisiese byeenkoms. Ondanks die Covid-beperkings het die organiseerders seker gemaak die marathon gaan virtueel voort.

“Dit was nie 'n maklike wedloop nie en dit het deurentyd dissipline geverg om aan te hou. Die paaie was verskriklik besig; genadiglik het ek 'n goeie ondersteuningspan gehad wat na my omgesien het.

“Baie geluk aan al die deelnemers wat die uitdaging voltooi het. Ons is almal wenners en ek wil atlete aanspoor om nie tou op te gooi nie. Dalk is jy volgende jaar die een wat die wenprys in die sak steek.”

Ekandjo sê: “Ons het geweet atlete wat gewoond is om die marathon by die kus te hardloop, sou in die binneland 'n heelwat taaier wedloop hê.

“By die kus is daar nie heuwels nie en die weer is koeler. Ons is inderdaad trots op elke atleet wat braaf genoeg was om deel te neem en hul wedloop te voltooi.”

“Van die hardlopers het regtig swaar gekry en dit gaan nie ongesiens by ons verby nie. Ons is trots dat Rössing vir die afgelope 30 jaar 'n gesonde leefstyl onder Namibiërs kon bevorder. Veral nou met Covid-19 in die land wat sake vir almal bemoeilik.

“Ons bly hoopvol dat die Rössing-marathon volgende jaar weer sy normale gang sal kan gaan.”

• Die kategoriewenners was:

MARATHON (42.2 km)

Mans Ope: 1 Jeremia Shaliaxwe (2:19:59), 2 Jesaya Matheus (2:22:53), 3 Kornelius Nghilyeendele (2:26:11).

Vroue Ope: 1 Alina Armas-Namupala (2:51:01), 2 Ally Uxamb (5:20:21).

Veteraanmans: 1 Salomo David (2:38:30), 2 David Iiyambo (3:08:00), 3 Absalom Namweya (3:39:00).

Veteraanvroue: 1 Mariana Mbako (5:34:40).

Meestermans: 1 Kristof Ndunga (5:53:38).

Meestervroue: 1 Emilia Nambahu (4:33:12), 2 Nonnie Tjitemisa (4:44:46).



HALFMARATHON (21 km)

Mans Ope: 1 Teven Swartbooi (1:18:23), 2 Geson Koper (1:18:29),

3 Les Trollope (1:27:11).

Vroue Ope: 1 Klaudia Angula (1:53:27), 2 Ndapandula Shipena (1:54:18), 3 Martha Shiyanga (2:11:59).

Veteraanmans: 1 Laban Ndjendja (1:38:27), 2 Martin Kalwenya (1:48:01), 3 Tamuti Kautondokwa (1:48:20).

Veteraanvroue: 1 Natalie Beukes (2:16:45), 2 Rachael Gwasira (2:22:53), 3 Winnet Murerwa (2:28:47).

Meestermans: 1 Mathias Mutota (1:42:25).

Meestervroue: 1 Christine Haupt (1:59:22), 2 Mildred Hendricks (2:39:12).

Grootmeestervroue: 1 Marita van der Merwe (2:18:27), 2 Juliana Blaauw (2:19:34).



10 KILOMETER

Mans Ope: 1 Bernadinus Kambwae (37:09), 2 Richard Prinsloo (43:20), 3 Lasarus Johannes (44:51).

Vroue Ope: 1 Ndahambelela Shelitika (53:12), 2 Taimi Nashima (53:37), 3 Ruusa Shoowa (53:51).

Veteraanmans: 1 Laurence Kan­dundu (53:19), 2 Gino Raffie (58:08), 3 Paul Shapwa (1:01:25).

Veteraanvroue: 1 Mareli Delport (1:05:11), Sandrah Matiure (1:20:50), 3 Barbara Krauer (1:33:47).

Meestermans: 1 Colin de la Harpe (1:07:09), Ronald Visagie (1:08:38), 3 Ruben Philander (1:20:36).

Meestervroue: 1 Mavis Andiliqu (1:05:01), 2 Concilia Makoena (1:19:00), 3 Yvette Greeff (1:08:54).

Grootmeestermans: 1 Johan van Niekerk (3:17:44).

Grootmeestervroue: 1 Essie Herbst (1:16:14), 2 Wilma van Niekerk (3:17:50).

Junior mans: 1 Release Joseph (1:27:35), 2 Lyndon Beukes (1:31:32).

Junior vroue: 1 Josslyn Beukes (1:39:19).


FOTO’s
Alina Armas-Namupala spog nou met ses oorwinnings in die Rössing-marathon. Foto’s verskaf

Jeremia Shaliaxwe, die pas gekroonde Rössing-marathonkampioen, afgeneem toe hy verlede jaar op Swakopmund in die 21 km-wedloop meegeding het.

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A