Shalulile draf voor in Eritrea
Die Oos-Afrikane is 'n onbekende faktor vir afrigter Bobby Samaria se nasionale span.
Die Tafel Lager Brave Warriors kom vandag in Asmara in die kwalifiserende botsing vir die 2022 Wêreldbeker teen Eritrea te staan.
Die nasionale span het Sondag vanaf Windhoek vertrek om in die Cicero Nasionale Stadion hul sokkervernuf teen die span bekend as die Rooiseekamele te gaan uitstal.
Eritrea is nie die vriendelikste plek om te besoek nie en die Warriors wat tans as die 121ste beste ter wêreld deur Fifa gereken word, kan sekerlik 'n vyandige ontvangs verwag van die tuisskare wat hul veel laer gerekende span (202ste) wil aanspoor.
Bobby Samaria, tussentydse hoofafrigter van die Warriors, glo sy manne beskik oor die nodige ervaring en talent om Eritrea vandag die knie te laat buig.
Indien Namibië 'n goeie oorwinning kan bewerkstellig, is hul kanse soveel beter om in die tuiswedstryd die besoekers finaal uit te boender.
“Peter Shalilule sal die span aanvoer, met Willy Stephanus wat hom as onderkaptein bystaan. Eritrea is vir ons 'n geslote boek, maar met die gesonde kompetisie tussen die spelers in die groep is ek seker die spelers sal hul kant bring.
“Die ouens is sielkundig puik voorberei en ons maak nie daarop staat dat ons beter plek op die ranglys vir ons die knoop sal deurhaak nie. Ná twee oefensessie hier moet ons (vandag) net die regte balans vind,” het Samaria volgens NFA.org.na gesê.
Eritrea sal beslis nie oor hom laat loop nie, want sy afrigterspan weet dit sal geen maklike taak wees om komende Dinsdagaand in Katutura alles op die spel te plaas.
Indien die Kamele nie vandag die mas opkom nie, sal hul uitstappie na Namibië feitlik verseker gedoem wees. Die herontmoeting in die Sam Nujoma-stadion is om sewe-uur volgende Dinsdagaand.
Vandag is die eerste keer dat die twee lande op die sokkerveld ontmoet en dus sal beide spanne met bitter min te wete van die ander een se kaarte op die veld stap.
Die groep van 23 spelers na Asmara is: Virgil Vries (geen klub), Loydt Kazapua (Baroka), Larry Horaeb (Tura Magic), Aprocious Petrus (Eleven Arrows), Ratanda Mbazuvara, Ivan Kamberipa, Obrey Amseb, Marcel Papama (African Stars), Dynamo Fredericks, Vitapi Ngaruka, Immanuel Heita, Wendell Rudath (Black Africa), Llewelyn Stanley (Tigers), Elmo Kambindu (Mighty Gunners), Gregory Aukumeb (Blue Waters), Willy Stephanus (Lusaka Dynamos), Peter Shalulile (Highlands Park), Chris Katjiukua (Black Leopards), Benson Shilongo (Ismaily, Egipte), Hendrik Somaeb (geen klub), Deon Hotto (Bidvest Wits), Joslin Kamatuka en Teberius Lombard (Zanaco). - NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie