Shalulile nie teen Lesotho oorweeg

Sokker
Die voorspeler Peter Shalulile, wie se klub Highlands Park tans boaan die Suid-Afrikaanse eerste liga is, is vanweë klubverpligtinge buite rekening vir die Brave Warriors se internasionale vriendskaplike wedstryd teen Lesotho komende Dinsdag in die Sam Nujoma-stadion.

Shalulile was in onlangse wedstryde vir die Namibiese nasionale span puik op dreef voor die doelhok. Hy was aanvanklik in die spelersgroep van 25, maar gister het die hulpspanbestuurder Jakes Amaning bevestig dat die voorspeler nie teen Lesotho beskikbaar sal wees nie.

“Peter sal vanweë verpligtinge by sy klub nie by ons kan aansluit nie. Sy klub is op die drumpel om promosie na die Premierliga te verwerf en hy is 'n sleutelspeler in hul opgang sover. Highlands Park het ons dus versoek om hom nie te oorweeg nie.

“Ons het 'n gesonde werkverhouding met sy klub en omdat ons wedstryd net vriendskaplik is, het ons ingestem.

“Daar is ook 'n kwessie met sy werkvisum waarmee hulle besig is en dus is sy paspoort tans by Suid-Afrika se binnelandse sake.”



BLOOTSTELLING

Die Brave Warriors se afrigter, Ricardo Mannetti, het dié week 12 spelers uit die nasionale jeugspanne ingesluit om hulle blootstelling vir kwalifiserende wedstryde in 2019 te gee.

“Ons onder 20's speel aan die einde van vandeesmaand teen Botswana en ons as tegniese bestuur van die nasionale spanne het besluit om hulle teen Lesotho blootstelling te gee.

“Hulle is daar om ons beginspan aan te vul. Ons moet hierdie spelers help ontwikkel,” het Mannetti gesê.

Afgesien van Shalulile is al die ander spelers beskikbaar om vir die gesogte plekke in Mannetti se beginspan mee te ding.

Die groep van 24 met die oog op die wedstryd teen Lesotho Dinsdag om 20:00 is: Max Mbaeva (Golden Arrows, RSA), Calvin Spiegel, Vitapi Ngaruka, Dynamo Fredericks, ­Natangwe Petrus (Black Africa), Vipua Tjimune, Panduleni Nekundi, Ronald Ketjijere (African Stars), Enzo Mungendje, Romeo Kasume, ­Itamunua Keimuine (Tura Magic), Hubert Mingeri (Life Fighters), Lubeni Haukongo, Aprocius Petrus, Anthony Kham (Eleven Arrows), Brendon Kotungondo, Absalom Iimbondi, Ferdinand Karongee (Tigers), Donovan Kanjaa (Young African), Deon Hotto (Bloemfontein Celtic), Denzil Haoseb (Jomo Cosmos, RSA), Benson Shilongo (Alssiouty SC, Egipte), Riaan Hanamub (Orlando Pirates), Kennedy Eib (Mighty Gunners).

• Die nasionale onder 20's sal op 31 Maart 'n kwalifiserende wedstryd teen Botswana in Gaborone speel, voor die herontmoeting in Katutura op die naweek van 20-22 April.

Die kragmeting is deel van die kwalifiserende veldtog vir die 2019 Afcon o.20-toernooi in Niger. - NFA.org.na

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!