Shanghala su00ea hy is niu00e9 vlugrisiko
Shanghala su00ea hy is niu00e9 vlugrisiko

Shanghala sê hy is nié vlugrisiko

Mathias Haufiku
Mathias Haufiku – Terwyl hy volhou hy is onskuldig, sê die voormalige minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, wetstoepassingsagentskappe het ’n reeks flaters begaan tydens sy inhegtenisneming in November 2019.

Die oudminister, wat beweer hy sal nie op die vlug slaan as borgtog aan hom toegestaan word nie, het die Teenkorrupsiekommissie (ACC) daarvan beskuldig dat hulle sake buite hul mag ondersoek.

Hy staan tereg op klagte wat wissel van bedrog, geldwassery en rampokkery.

“Ingevolge die teenkorrupsiewet (ACA) is lede van die ACC gemagtig om sake te ondersoek wat die wetgewing hulle bemagtig om te ondersoek. Hulle het egter nie die mag om oortredings te ondersoek wat deur die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca) geskep word nie. Tog, soos ek hieronder uitwys, is dit presies wat in hierdie saak gebeur het,” het hy aangevoer.

Dít is volgens ‘n beëdigde verklaring deur die beskuldigde wat ons susterkoerant Namibian Sun onder oë gehad het en wat by die hof ingedien sal word as deel van sy borgtogaansoek wat vandag sal begin.

In die verklaring van 22 bladsye het Shanghala maniere ondersoek waarop borgtog aan hom toegestaan kan word deur gebreke te vind in die ondersoeke wat deur die aanklaer-generaal (AG), die Namibiese polisie (Nampol) en die ACC uitgevoer is.

“Ek voer aan daar is 'n aantal [gate] wat verband hou met die optrede van die ondersoekbeamptes en die vervolging wat – in my respekvolle voorlegging – ernstige kommer moet wek oor die wettigheid van die ondersoeke, of dele daarvan, en dienooreenkomstig die wettigheid van die instelling van hierdie strafregtelike verrigtinge of – ten minste – die wettigheid van die ernstiger klagte waarop ek teregstaan, naamlik rampokkery en geldwassery,” het hy gesê.

Hy het voorts gesê hy “ontken dat ek enigsins onregmatig of onwettig opgetree het toe ek daardie posisies beklee het, of te eniger tyd”.

“Ek is van plan om onskuldig te pleit op al die aanklagte waarop ek teregstaan. Daarbenewens – soos ek hieronder uiteensit – is die staat se saak in ‘n beduidende mate gebaseer op 'n verklaring wat gemaak is deur 'n sogenaamde ‘fluitjieblaser’ wat volgens sy eie weergawe skuldig blyk te wees aan ernstige misdade, waaronder rampokkery en geldwassery,” hy het gesê.

Shanghala voer ook aan klagte wat teen hom aanhangig gemaak is, hou verband met sake wat die ACC nie gemagtig is om te ondersoek nie.

“Wat egter kommerwekkend is, is dat daar geen skriftelike magtiging is van die amptenaar wat geregtig is om die toestemming te gee vir die uitvoering van sulke ondersoeke nie, naamlik die inspekteur-generaal van die polisie,” het hy gesê.

Shanghala het bygevoeg: “Dít, voer ek aan, maak daardie ondersoeke onwettig. Ek voer aan dit kan nie in die belang van die regspleging wees dat ek borgtog geweier word op grond van ‘n ondersoek wat ongemagtig is of waarvan ‘n belangrike deel onwettig is nie.”

Die voormalige prokureur-generaal (PG) het ook daarop gewys dat terwyl die ACC bevestig het slegs oortredings wat onder die ACA val is ondersoek 0150 nie geldwassery of bedrog nie – was die aansoeke vir die inhegtenisnemings op gronde van die oortreding van die ACA, Poca en bedrog.

PLEITVERDUIDELIKING

Hy het ook gesê hy sal verhoor word en nie op die vlug slaan nie, en bygevoeg die vooruitsigte van ‘n suksesvolle vervolging is "taamlik laag en die verhoor sal lank duur”.

Hy het ook vertel hoe pogings misluk het om met die owerhede te onderhandel vir sy vrylating.

“My regsverteenwoordigers wou met die vervolging onderhandel dat ek op borgtog vrygelaat word onderhewig aan die finalisering van die verhoor. Die vervolging dring egter daarop aan dat ’n formele aansoek om borgtog ingedien word en gaan duidelik my aansoek teenstaan,” het hy gesê.

“Ek dien al sowat tien jaar lank getrou hierdie land. Ek het reeds die posisies aangedui waarin ek die land gedien het. Ten spyte hiervan, is ernstige twyfel oor my karakter gewerp. Ek is nie skuldig aan enige misdaad nie en ek beoog om verhoor te word.

“Ek is nie van plan om te vlug nie. Ek is 'n voormalige minister van die staat. Dit is onwaarskynlik dat ek na 'n ander land kan vlug en uitlewering kan vryspring,” het hy gesê.

Die aansoeke om borgtog van Shanghala en sy medebeskuldigdes soos mnre. James Hatuikulipi en Pius Mwatelulo sal vandag in die hoërhof in Windhoek afskop. Die aansoek, wat deur regter Shafimana Uietele aangehoor sal word, sou gister begin het maar is tot vandag uitgestel omdat die applikante se regspan nie gereed was nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!