Shangula maan oor magneet-videou2019s
Shangula maan oor magneet-videou2019s

Shangula maan oor magneet-video’s

Die minister van gesondheid sê daar is geen manier dat ’n magneet aan ’n mens se liggaam ná inenting teen Covid-19 kan vasklou nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Persone wat valshede versprei oor die uitwerking van entstowwe teen Covid-19 staar ’n boete van N$10 000 of tronkstraf van tien jaar, of beide, in die gesig.

Dit was die waarskuwing van die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, nadat ’n video die afgelope week wyd op sosiale media versprei is waarin mense wat glo teen die virus ingeënt is, magnete plaas op die plek waar hulle ingeënt is en dit hier vassit. Volgens die video is dit omdat die persone met tegnologie ingespuit is wat gemanipuleer kan word.

Shangula het gemaan indien enige persoon in ’n era van gevorderde tegnologie so iets as die waarheid aanvaar, “kan ek vir jou sê dat jy met tegnologie ook jou eie dood kan vervals”.

Volgens Shangula bevat die Covid-19-entstof nie metaaldeeltjies nie, maar slegs vloeistof en is daar geen manier wat ’n magneet aan ’n mens se liggaam ná immunisering kan vasklou nie.

Volgens ’n Britse webtuiste wat feite verifieer, Full Fact, is die betrokke video’s meer geneig om die magneet se vasklou aan die vel te wys, deels vanweë vog op die vel se oppervlak en die feit dat die magneet klein en lig is.

“Die uitwerking is soortgelyk aan hoe dit moontlik is om ’n muntstuk op jou voorkop vas te plak, of om ’n lepel op jou neus te balanseer,” sê die webtuiste.

Die Amerikaanse webblad Snopes, wat ook op die verifiëring van feite fokus, sê die video speel in op samesweringsteorieë dat mense ingeënt word met miniatuur-toestelle om hul ligging na te spoor of om 5G-breëband sellulêre netwerke te verbind. Die magneet wat vassit, versterk die “mikroskyfie”-teorie van dié wat teen die Covid-19-entstowwe gekant is.

Volgens die webtuiste bevat geen Covid-19-entstof radio-aktiewe identifiseringskyfies of ander tipe magnetiese toestelle “as deel van ’n skelm plan om tegnologie in mense in te plant sonder hul goedkeuring nie”.

Geen bewyse is ook in die betrokke video’s gelewer dat die voorwerpe magnete was of dat die mense wat daarin verskyn, wel teen Covid-19 ingeënt is nie.

“Indien die dosisse metaalbestanddele ingesluit het om ’n magnetiese aantrekkingskrag te skep, sou mense wat allergies vir dié materiale is nie ’n fisieke reaksie soos jeukerige of droë vel gehad het nie?” lui die webtuiste.

Dit verwys na ’n studie van metaalallergieë wat in die Nasionale Biblioteek van Medisyne gepubliseer is en waarin wetenskaplikes beraam dat tot 17% van alle vroue en 3% van mans allergies is vir nikkel, terwyl ’n kleiner persentasie allergies vir kobalt en chroom is.

“Gebaseer op daardie beramings en indien, hipoteties gesproke, die entstowwe metaalbestanddele ingesluit het, sou ’n beduidende gedeelte van die ontvangers van die entstof ’n uitslag of velirritasies gehad het. Dit was egter nie volgens die Sentrums vir Siektebeheer- en Voorkoming (CDC) se lys van algemene moontlike newe-effekte die geval nie.”

Die webtuiste verwys ook na die bestanddele van Covid-19-entstowwe wat deur die Federale Dwelmadministrasie gelys en goedgekeur word. Dit haal kenners aan wat beklemtoon geen Covid-entstof se formule sluit metaalbestanddele of enige biologiese materiaal in wat nodig is om dit te doen wat die video’s beweer nie. Dit haal ook Al Edwards, ’n assosiaat-professor in biomediese tegnologie van die Universiteit van Reading in Engeland aan wat verduidelik die menslike liggaam bestaan uit dieselfde tipe biologiese materiale in die entstowwe se formules.

“Daar is niks magneties in entstof-formules nie. Die meeste wat ingespuit word, is uiters suiwer water, plus ’n paar eenvoudige soute om die inspuiting minder pynlik te maak en ’n absoluut klein hoeveelheid entstof.

“Die meeste kos is gemaak van soortgelyke molekules en om kos te eet, maak mense nie magneties nie,” het Edwards aan Snopes gesê.

[email protected] (Eie berig en Nampa)

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!