Shangula open nuwe mediese sentrum
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het die mediese sentrum, Treeside, amptelik in Windhoek geopen.
Shangula sê die private sektor se belegging in die voorsiening van gesondheidsorg is belangrik, omdat dit gesondheidsdienste versterk en keuses aan pasiënte bied, terwyl dit oorlading en wagtydperke vir pasiënte verminder om mediese dienste te ontvang.
Volgens hom is daar voortgesette pogings om Namibië se gesondheidsektor deur beleggings van beide openbare en private sektore te versterk. Dit is ook die rede waarom die regering beduidende hulpbronne jaarliks aan die gesondheidsektor toewy, met sowat 15% van die nasionale begroting wat jaarliks aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste toegeken word.
Dit plaas Namibië onder ’n paar lande in Afrika om die doelwit van die Abuja-verklaring te behaal, wat lede van die Afrika-unie aanmoedig om nie minder as 15% van hul jaarlikse begroting aan gesondheid toe te ken nie.
“Die doel is om te verseker burgers het toegang tot gehalte-gesondheidsorg om inwoners se lewenstandaard te verbeter. Beleggings van die private sektor word verwelkom om gesondheidsdienste te versterk,” het Shangula gesê.
Shangula sê die regering se pogings om gehalte-, toeganklike en betroubare gesondheidsorg aan alle Namibiërs te bied, sal nie volledig wees tensy private geriewe en die kwaliteit van diens wat dit verskaf vir almal beskikbaar is nie. Volgens die minister wil die regering juis dié uitdaging oorkom deur die konsep van universele gesondheidsdekking.
“Universele gesondheidsdekking is gebaseer op die beginsel dat burgers toegang tot gehalte-gesondheidsdienste het sonder om finansieel daaronder te ly. Die Covid-19-pandemie het ons geleer ons is nie veilig tot almal veilig is nie. In hierdie verband is dit belangrik vir rolspelers om saam te werk om toegang tot gesondheidsorg uit te brei,” het Shangula gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie