Shaningua skuldig aan kroegmoord
Shaningua skuldig aan kroegmoord

Shaningua skuldig aan kroegmoord

Die man wat 'n Finse burger buite 'n kroeg in Windhoek doodgeskiet het, is gister aan moord skuldig bevind.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Regter Christie Liebenberg het gister die 45-jarige Rodney Shaningua se getuienis verwerp dat hy uit selfverdediging geskiet het toe mnr. Marko Rönni na bewering op hom afgery het.

Liebenberg het in sy uitspraak genoem geeneen van die ander getuies het gedurende die verhoor getuig Rönni het agteruit gery en met skreeuende bande op Shaningua afgejaag, wat hom na bewering genoop het om sy vuurwapen uit te pluk en op Rönni te skiet nie.

Shaningua kon net uit die pad beweeg het indien Rönni wel op hom afgery het, het die regter verder opgemerk voordat hy hom skuldig bevind het aan moord met direkte opset, asook aan dwarsboming van die gereg.

Regter Liebenberg het genoem Shaningua kon die moontlikheid voorsien dat sy optrede die dood van die oorledene kon veroorsaak, maar hy het ongeag die gevolge met die skietery voortgegaan.

Mnr. William Nambahu, 'n vuurwapen- en ballistiese deskundige van die Nasionale Forensiese Wetenskap­instituut het getuig nege skote is uit Shaningua se pistool afgevuur.

Volgens die nadoodse ondersoekverslag het twee koeëls die oorledene getref - een wat deur die boonste deel van sy regterboarm gegaan het en 'n tweede skoot wat sy rug van agter deurboor het en sy dood veroorsaak het.

Shaningua het aan regter Christie Liebenberg vertel Rönni het die nag van 8 tot 9 Augustus 2015 buite 'n kroeg in die suidelike nywerheidsgebied van Windhoek met sy Land Rover in die voertuig vasgery waarvan hy en me. Fenola Fenix insittendes was.

Hy het verder getuig hy het na die motor se bande geskiet om homself te probeer verdedig toe die voertuig op hom afgepyl het - tevergeefs.

Hy het getuig hy het wegbeweeg met sy hand steeds op die sneller en hy het nie agtergekom hy het verdere skote afgevuur nie.

Regter Liebenberg het in sy uitspraak genoem die noodlottige skoot is nie van voor af geskiet nie en die drie skote wat op die kant van die voertuig afgevuur is toe dit weggery het, dui daarop dit is met 'n doel afgevuur.

Die motor waarin Shaningua en Fenix die nag van die noodlottige skietery was, is met die nommerplate binne die motor gevind. Fenix het gedurende die verhoor getuig sy het gesien hoe Shaningua dit afhaal. Shaningua het homself eers drie dae ná die voorval by die polisie aangemeld.

Betoë vir vonnisoplegging sal vandag aangehoor word. Intussen bly Shaningua steeds in aanhouding.

Adjunk-aanklaer-generaal Karin Esterhuizen tree namens die staat op en Shaningua se verdediging word deur mnr. Slysken Makando, 'n prokureur, behartig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!