Shaningwa: Moet ons nie verdeel nie
Shaningwa: Moet ons nie verdeel nie

Shaningwa: Moet ons nie verdeel nie

Swapo se sekretaris-generaal het in aanloop tot volgende jaar se algemene verkiesing ’n beroep op partylede gedoen om verdelende gedrag te staak.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Die regerende party sal van 30 November tot 1 Desember ’n buitengewone kongres by die Ramatex-kompleks in Windhoek hou.

Dít as ’n verlenging van die sesde gewone kongres wat in November verlede jaar gehou is. Me. Sophia Shaningwa, Swapo se sekretaris-generaal, het dié aankondiging Dinsdag gedoen. Sy het gesê die buitengewone beraad is nodig omdat verskeie kwessies nie tydens verlede jaar se veglustige verkiesingsberaad opgelos is nie, omdat daar nie genoeg tyd was nie.

Sy het benadruk daar moet op eenheid gefokus word ná laas jaar se verdelende sesde beraad waartydens twee groepe, die “Swapo-span” en die “Harambee-span”, ernstige onenigheid onder voornemende leiers en hul ondersteuners veroorsaak het.

“Ons kom nou pas van die sede kongres af waar party kamerade vreedsaamheid en harmonie verloor het,” het sy gesê.

Sy’t bygevoeg dis belangrik dat alle lede van die party alle verkose leiers ondersteun.

“Ons moet moet mekaar ter wille van die party aanvaar. As ons dit nie doen nie, maak ons dit vir kamerade moontlik om ver van die party af te beweeg,” het sy gesê.

Sy het gesê eenheid in die party is belangrik in die aanloop op 2019 se algemene verkiesing.

“Swapo moet aanhou regeer. Dis nog nie tyd om van mag ontneem te word nie. Ons kan dit net doen as ons verenig is. Ons moet wegdoen met spanne,” het sy gesê.

Kwessies wat by die buitengewone kongres bespreek sal word, sluit in die derde wysiging aan Swapo se grondwet, asook die aanneem van ’n verslag en resolusies van die vorige kongres.

Die eerste wysiging aan Swapo se grondwet is in Desember 1991 aangebring, en die tweede in Augustus 1996.

Shaningwa het gesê die buitengewone kongres se agenda is nog nie gefinaliseer nie, en word voortdurend hersien en bevraagteken om te verseker die party voldoen aan sy mandaat teenoor die kieserskorps.

“Die mandaat om te regeer is aan die Swapo-party toevertrou, wat ’n edele verantwoordelikheid sonder meetbare perke is,” het Shaningwa gesê.

Sy het gesê die mandaat se doel is om die party toe te rus om uitdagings te pak soos armoede, onkunde en ekonomiese omverwerping waardeur die nasie geteister word.

Dieselfde afgevaardigdes wat die sesde kongres bygewoon het, sal die buitengewone kongres bywoon, en Shaningwa het gesê geen plaasvervangers sal toegelaat word nie.

Die party se sentrale komitee het komitees ter voorbereiding byeengeroep, wat uit leiers en ander verkose lede bestaan.

President Hage Geingob sal die voorsitter van die oorkoepelende nasionale voorbereidende komitee wees.

Shaningwa het nie gesê of die kwessie van opvolging by die buitengewone kongres aangespreek sal word nie. Sy het gesê dit sal afhang daarvan of die kwessie verband gehou het met die wysiging van die party se grondwet.

Sy het gesê die party het die reg om mense wat hulle “wangedra” te herroep – wat ooreenstem met die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, se sentimente dat afgereken sal word met parlementslede wat regeringsbeleid kritiseer.

Sy het wel gesê die veteraanleier, mnr. Nahas Angula, wat verskeie kritiese meningstukke gelewer het, die reg het om sy menings te lug, maar het bygevoeg diegene wat nie hou van hoe dinge gedoen word nie, moet hul kommer liefs teenoor die sentrale komitee of die politburo uitspreek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!