Shaningwa pleit vir goedkoper behuising
Shaningwa pleit vir goedkoper behuising

Shaningwa pleit vir goedkoper behuising

Adolf Kaure
Adolf Kaure - Die minister van streeks- en landelike ontwikkeling en behuising, met. Sophia Shaningwa, het Vrydag meer as 400 huise onder die vaandel van die massabehuisingsprojek aan hul nuwe eienaars op Swakopmund oorhandig.

Dié huise vorm deel van nagenoeg 880 huise wat onlangs deur die kontrakteur Onyenya Power as deel van die eerste fase van dié projek voltooi is.

Tydens die oorhandiging het Shaningwa benadruk dat huise teen bekostigbare pryse opgerig moet word. Volgens haar het die kabinet beslis dat huise wat vir die lae-inkomstekategorieë bestem is, teen ‘n prys laer as waarteen dit opgerig is, verkoop moet word. “Teen die verminderde prys kan iemand wat N$2 700 per maand verdien ‘n D1 bekostig wat teen N$70 000 verkoop word. Dit kos N$199 561 om ‘n D1 te bou. [Dit] word met 65 persent gesubsidieer. Die maandelikse paaiement vir dié tipe huis is N$550.”

Die minister het tydens die geleentheid die betrokke owerhede meegedeel dat geen verskonings aanvaarbaar is nie om nie die behuisingteikens, soos vervat in pres. Hage Geingob se Harambee-welvaartsplan, te bereik nie.

Sy het voorts die versekering gegee dat die regering, deur haar ministerie, daartoe verbind is om minstens 5 000 nuwe huise jaarliks op te rig en niks minder nie as 6 500 nuwe woonerwe beskikbaar te stel.

Die nuwe huiseienaars word verbied om sinkhuisies rondom hul huise op te rig sodra die omheining afgehandel is en gesê enige vandalisme moet onmiddellik by die dorpsraad of die naaste polisiestasie aangemeld word.

Daar sal na verwagting binnekort nog 638 huise gebou word wat die totale getal huise onder die massabehuisingsprojek op 1 521 te staan sal bring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!