Shaningwa voor hof oor Walvisbaai-grond
''n Ontwikkelaar eis meer as N$115 miljoen oor grondtransaksies wat glo lukraak deur die munisipaliteit van Walvisbaai gehanteer is.
Catherine Sasman - Beweerde lukrake grondtransaksies op Walvisbaai het daartoe gelei dat die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, en die munisipaliteit van Walvisbaai vandag in die hoërhof moet verskyn.
'n Sakeman, mnr. Dudley Strauss, eis meer as N$115 miljoen nadat planne en ooreenkomste met die munisipaliteit in die stof gebyt het.
Strauss voer in sy hofgeding aan dat ''n ooreenkoms in Februarie 2006 tussen die munisipaliteit en sy maatskappy, Wadding General Retailers (Pty.) Ltd., vir die verkoop van erf 4451 (drie hektaar) op die dorp aangegaan is.
In 2009 het Strauss in ''n voorstel aan die munisipaliteit gesê hy wil ''n vragmotorstaanplek op die grond oprig. Die munisipaliteit het gevolglik ''n brief ter ondersteuning van ''n lening deur Bank Windhoek vir dié doel op 20 November 2009 uitgereik.
Die munisipaliteit sou erf 4451 aan hom teen meer as N$3 miljoen verkoop en die dorpsraad het in September 2011 ingestem om twee bykomende, nabygeleë erwe – nommers 4452 en 4455 – teen ''n koopprys van meer as N$8 miljoen ook aan hom toe te ken.
Strauss voer aan die munisipaliteit se versuim om bouplanne goed te keur wat reeds in Desember 2011 ingehandig is, beteken dat hy nie finansiering kon bekom nie.
Hy sê die munisipaliteit het ook versuim om noodsaaklike dienste soos toegangspaaie, infrastruktuur vir water, riool en elektrisiteit te verskaf.
Strauss sê die munisipaliteit het geen hulp aan hom verleen om goedkeuring van die Paaieowerheid (RA) vir toegang tot die vragmotorstaanplek te kry nie, omdat dit nie gedetailleerde planne van die glipbaan verskaf het nie.
Midde hierdie vertragings het die munisipaliteit erwe 4452 en 4455 aan Zambezi Duty Free Retailer CC en sakeman Laurensius Julius verkoop.
Strauss sê die munisipaliteit is skuldig aan kontrakbreuk en eis N$46,8 miljoen vir die feit dat hy nie die vragmotorstaanplek kon ontwikkel nie, N$38,5 miljoen vir die “onwettige en onregmatige” kansellering van die ooreenkoms vir die verkoop van erwe 4452 en 4455 aan hom, en hy eis ''n verdere N$19 miljoen vir die skade wat hy gevolglik gely het.
''SHANINGWA KON TRANSAKSIES STOP''
Shaningwa is aangehaal waar sy aanvoer dat sy niks met die kwessie te doene gehad het nie.
Dit het glo gedurende haar voorganger, voormalige minister van streek- en plaaslike regering, behuising en landelike ontwikkeling, genl.maj. (afgetree) Charles Namoloh, se ampstermyn plaasgevind.
Strauss sê Shaningwa het reeds haar amp as minister beklee en kon verhoed dat erwe 4452 en 4455 aan ander rolspelers verkoop word. Die koopkontrakte met Zambezi Duty Free Retailer CC en Julius was in daardie stadium nog nie onderteken nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie