Shannon Wasserfall se vermeende moordenaars weer in die hof
Shannon Wasserfall se vermeende moordenaars weer in die hof

Shannon Wasserfall se vermeende moordenaars weer in die hof

Ronelle Rademeyer
Die twee beskuldigdes wat tereg staan vir die moord verlede jaar op die Walvisbaaier, me. Shannon Wasserfall, en vir die verdoeseling van die misdryf deur haar lyk tussen die duine buite die hawedorp te begrawe, het weer vandag in die hof verskyn.
Me. Azaan Madisia (28) en mnr. Steven Mulundu (22) het voor landdros Vicky Nicolaidis in die landdroshof op Walvisbaai verskyn, wat die saak tot 31 Mei 2021 uitgestel het.
Die aanklaer, me. Maggy Shiyagaya, het die hof meegedeel die ondersoek vorder goed en dat al die getuies reeds verklarings afgelê het. Die forensiese verslag en die fotoplan van die toneel is nog uitstaande, sê sy.
Shiyagaya het aan die hof gesê die beskuldigdes het aangedui dat hulle 'n formele borgtogaansoek gaan bring. Intussen bly hulle in aanhouding.

Foto: Leandrea Louw

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!