Sheelongo baklei vir Air Nam-pos
Die hoofbedryfsbeampte sê hy was nooit in dié pos aangestel nie en kan dus nie as hoofbedryfsbeampte uitgeskop word nie.
Catherine Sasman
Die voormalige hoofbedryfsbeampte (COO) van Air Namibia, mnr. Jonas Sheelongo, baklei om by die lugredery aan te bly nadat besluit is om sy kontrak te beëindig.
Air Namibia se waarnemende besturende direkteur, adv. Mandi Samson, het op 3 Augustus vir Sheelongo drie maande se kennis gegee dat sy kontrak nie hernu sal word nie.
Sy laaste dag by Air Namibia was verlede Vrydag.
Sheelongo sê hy het 'n klag by die arbeidskommissaris aanhangig gemaak. 'n Datum vir die verhoor moet nog vasgestel word.
Sy regsverteenwoordigers, Clement Daniels-prokureurs, het op 10 Augustus 'n brief aan Air Namibia se direksievoorsitter, mnr. Gerson Tjihenuna, geskryf waarin hy die beëindiging van die kontrak as “irrasioneel, arbitrêr en wettiglik swak” beskryf.
Daniels het geskryf die bevindinge van 'n interne verhoor wat op 1 Augustus plaasgevind het, waartydens Sheelongo daarop aangedring het dat hy as tegniese en bedryfshoofbestuurder heraangestel moet word, is “sonder meriete, teenstrydig, onredelik en arbitrêr” omdat bewyse wat tydens die verhoor verskaf is, nie oorweeg is nie.
Volgens die verslag het Sheelongo 'n werksaanbod as hoofbedryfsbeampte (COO) op 8 Oktober 2015 aanvaar.
Air Namibia het sy aanstelling as nuwe hoofbedryfsbeampte in November 2015 aangekondig en hy moes op 5 November 2015 in dié pos begin werk.
Daniels het egter in sy brief aan Tjihenuna gesê die bepalings en voorwaardes van die pos is nooit tussen die partye gefinaliseer nie en dat die partye uiteindelik nie 'n ooreenkoms bereik het oor die voorwaardes van heraanstelling met betrekking tot die posbeskrywing, rapportering en pakket nie.
Daniels hou vol geen aanstellingskontrak kon ten opsigte van die hoofbedryfsbeampte-pos bestaan nie, omdat hierdie voorwaardes nie nagekom is nie.
Hy hou verder vol dat geen ondertekende ooreenkoms tussen Air Namibia en Sheelongo aangegaan is ten opsigte van dié pos nie, en voeg by dat indien so 'n kontrak nie hernu word nie, dit “fiktief” en “ongeldig” is.
Sheelongo is in Desember 2013 as tegniese en bedryfshoofbestuurder geskors en is 'n jaar later deur die arbeidskommissie heraangestel.
Volgens dié bevel moes hy as hoofbestuurder op 12 December 2014 heraangestel word.
Daniels het namens Sheelongo gesê Air Namibia het derhalwe geweier om hom in sy vorige posisie te herstel.
Daniels sê die enigste kontrak wat tussen Air Namibia en Sheelongo bestaan, is die een wat in Augustus 2011 onderteken is toe hy as hoofbestuurder aangestel is.
Hierdie kontrak het aan die einde van Julie 2016 verstryk, maar Daniels het gesê dat dit stilswyend tot Junie 2021 hernu is.
Air Namibia se reaksie was dat hulle nog op die uitslag van die arbeidskommissaris se kantoor wag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie