Sheiddy ontvang steeds hulp
Sheiddy ontvang steeds hulp

Sheiddy ontvang steeds hulp

Tanja Bause
Tanja Bause – Dit gaan baie goed met Sheiddy Nsamba, die tienjarige gestremde seun wie se pa by Republikein om hulp vir sy kind kom aanklop het.

Sheiddy, gebore met misvormde arms en bene, se grootste wens was om skool toe te kan gaan sodat hy soos ander kinders van sy ouderdom kan leer en eendag 'n dokter kan word.

Sedert die aanvanklike berig einde Januarie het hy plek by die Side by Side Early Intervention Centre gekry en is hy tans besig om graad 1-­onderrig te kry.

Me. Carla Hansen van Oryx Properties Limited het van Sheiddy gelees en dié maatskappy het besluit om ook te help.

“Ons het 'n lys van sy skoolbehoeftes vanaf die sentrum gekry en het besluit om dit vir hom te koop. Ons het ook vir hom klere en toiletware geskenk,” het sy gesê.

“Een van ons huurders is Food Lovers Market in die Maerua-­inkoopsentrum en hulle het ook besluit om die familie te help. Hulle het koopbewyse vir kos vir die ­volgende vyf maande aan die familie geskenk,” het Hansen gesê.

Sheiddy, wat drie jaar oud was toe die gesin vanaf sy geboortedorp Rundu na Windhoek getrek het, se pa Julius Nsamba het intussen voltydse werk as 'n veiligheidswag gekry en sy ma bring hom nou elke oggend na die sentrum.

Me. Huipie van Wyk van Side by Side Early Intervention Centre het gesê sy ma word tans by die sentrum opgelei hoe om hom tuis te onderrig.
[email protected]


FOTO
Me. Carla Hansen, mnr. Ben Jooste en me. Francis Heunis van Oryx Properties Limited saam met Sheiddy Nsamba. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!