Shifeta by Konferensie oor Onwettige Wildhandel
Francoise Steynberg - Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, woon tans die tweedaagse Konferensie oor Onwettige Wildhandel van die Britse regering in Londen by.
Hy het in sy toespraak gesê dit kos Namibië N$1 000 per dag om renosters teen stropery te beskerm.
"Dit beteken dit kos N$30 000 per renoster per maand om die renosterbevolking in die land te beskerm.
"Met 'n renosterbevolking van 3 500, het Namibië sowat N$105 miljoen per maand nodig om die hele renosterbevolking te beskerm. Dit sluit die renosters in private besit in," het die minister gesê.
Die hertog van Cambridge, prins William, woon ook die konferensie by.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie