Shifeta maan teen misbruik
Shifeta maan teen misbruik

Shifeta maan teen misbruik

Geld wat deur toerismekonsessies in die Namib-Naukluft- en Dorobpark ingewin word, moet tot voordeel van die gemeenskappe gebruik word.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

“Ek wil nie hoor van enige misbruik en wanaanwending van eiendom en finansies deur individue ten koste van die breër gemeenskap nie.”

Dit was die vermaning van die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, tydens die amptelike inhuldiging van die #Aonin (Topnaar)-gemeenskapsvereniging in die Namib Naukluft Park en die Dorob Nasionale Park.

Shifeta het beklemtoon die ministerie wil sien dat die geld wat ingewin word deur die gebruik van wildlewe- en toerismekonsessies, aan die gemeenskappe in die parke gaan vir onder meer die bou van klaskamers, kragverskaffing aan nedersettings, mediese ondersteuning, die verskaffing van water, die bestuur van mens-dier-konflik sowel as die ondersteuning van leerlinge en studente.

“’n Gemeenskapsvereniging is nie ‘n werktuig om gemeenskapslede langs politieke, ras- of etniese lyne te verdeel nie. Dis ‘n werktuig vir landelike en ekonomiese bevryding en is iets wat baie duidelik vir elke betrokke persoon moet wees,” het Shifeta gesê.

Hy het ‘n beroep op inwoners in die parke gedoen om hulself tot nasiebou te verbind en nie konflik onder gemeenskapslede te skep nie.

“Ons moet met volharding en krag saamwerk om ons ontwikkelingsdoelwitte te bereik.”

Volgens Shifeta het die ministerie bestuursplanne vir die twee parke ontwikkel wat alle maatskaplike en omgewingsaspekte van die gemeenskappe wat hier woon in ag neem . Hy het beklemtoon die bewaring en bestuur van natuurlike hulpbronne is ‘n integrale deel van die Namibiese ekonomie.

“Die parke het ‘n oorvloed van unieke plante en diere, pragtige landskappe en ‘n diverse kultuur van mense wat die potensiaal het om bewaring te ondersteun en uiteindelik beduidende ekonomiese belonings vir die Topnaar-gemeenskap inhou,” het hy gesê.

Die gemeenskap word amptelik sedert 1 September vanjaar deur die ministerie erken en het volgens Pohamba die verantwoordelikheid om wildlewehulpbronne in die parke te bestuur.

Met verwysing na die voordele wat dit vir die gemeenskap inhou, het Pohamba verwys na toerisme.

“Enige toekomstige toerismekonsessies aan die inwonende gemeenskappe in die twee parke sal van nou af toegeken word deur die Topnaar-gemeenskapsvereniging en moet tot voordeel van die gemeenskap en nie individue wees nie.”

In ‘n poging om die gebied en sy natuurlike hulpbronne te bestuur, is ‘n gebruiks- en ontwikkelingsplan vir die Kuisebvallei in konsultasie met die gemeenskap ontwikkel.

Dit poog om ‘n geïntegreerde en gekoördineerde program vir die ontwikkeling van sones in die Kuisebvallei te vestig, met die doel om geleenthede vir lewensbestaan hier te verhoog, voedselsekuriteit te verbeter, gepaste en voldoende basiese dienste en infrastruktuur te verskaf, te verseker die gebruik van grond is volhoubaar en ook om inwoners by aktiwiteite vir die bestuur van omgewingsbewaring en die voordele daarvan te betrek.

Shifeta het verwys na die NamParks 5-projek, ‘n projek van die ministerie in samewerking met die Duitse regering deur die ontwikkelingsbank KfW as medefinansierders, wat finansiële ondersteuning ter waarde van N$383 000 verskaf het vir die stigting van die Topnaar-vereniging, sowel as kapasiteitsbou van lede.

Met die ondersteuning van die projek sal verdere ingrypings met ‘n totale koste van N$981 000 verskaf word en voor einde September aanstaande jaar geïmplementeer word. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A