Shifeta: Regering in gesprek oor reisverbod
Shifeta: Regering in gesprek oor reisverbod

Shifeta: Regering in gesprek oor reisverbod

Henriette Lamprecht
Die Namibiese regering gaan voort om deur middel van diplomatieke kanale met die relevante owerhede in Brittanje, Verenigde Arabiese Emirate, die Europese Unie en sy lidlande sowel as alle verwante lande in gesprek te tree oor die reisverbod- en beperkings wat teen Namibië ingestel is.
Die minister van omgewing, bosbou en toerisme het dié beperkings as sonder enige wetenskaplike basis, onaanvaarbaar, diskriminerend en in teenstelling met riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) beskryf.
Volgens Pohamba Shifeta is dit 'n "verwoestende hou" vir die toerismebedryf en vir die baie lewens wat daarvan afhanklik is. Shifeta sê Namibië het telkemale bewys dat dit 'n veilige bestemming vir sake en ontspanning is. Hy het inwoners aangemoedig om vir inenting teen Covid-19 te gaan.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer