Shifeta su00ea oor vergiftiging van u2018Kingsu2019
Shifeta su00ea oor vergiftiging van u2018Kingsu2019

Shifeta sê oor vergiftiging van ‘Kings’

Ronelle Rademeyer
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het die onwettige vergiftiging van drie van die vyf “Musketiers” van die fliek Vanishing Kings: Lions of the Namib skerp veroordeel en gesê ’n saak is by die polisie geopen om die skuldiges te vervolg.
“Die ministerie veroordeel die onwettige ver­giftiging van hierdie leeus, en diegene wat daarvoor verantwoordelik was, sal met die volle toorn van die wet te doen kry,” lui Shifeta se verklaring.
Die trop van vyf leeumannetjies het in Februarie hul intrek in die Okongwe-gebied geneem, gelok deur die teenwoordigheid van vee by die Tomakas-­nedersetting in die Gomatumrivier.
Natuurbewaarders van die ministerie het sedertdien saam met ander bewaringsorganisasies en die leeunavorser dr. Flip Stander gewerk om te verhoed dat die leeus die vee vang en om hulle te vang en na die Skedelkuspark te verskuif.
Dit was terwyl hulle die leeus gesoek het om hulle te verskuif, dat die karkasse van drie van dié groep van vyf gevind is. Toetse het gewys hulle is vergiftig.
Shifeta sê die ministerie het helder ligte en vuurwerke gebruik om die leeus weg te hou van die kleinboere se vee, maar die getal vrylopende vee is eenvoudig te groot.
Hy waarsku boere dat dit nie net teen die wet is om beskermde wild te vergiftig nie, maar dat dit ook wyer ekologiese gevolge het deurdat roofdiere en aasvoëls aan die karkasse vreet en ook vrek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!