Shifeta: Skep kultuur van herwinning
Shifeta: Skep kultuur van herwinning

Shifeta: Skep kultuur van herwinning

Die 21ste Namibië Toerisme Ekspo het gister op Wêreldomgewingsdag by die Windhoekse skouterrein afgeskop.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Met toeriste wat volgens jaarlikse statistieke al hoe meer na Namibië stroom, is dit uiters belangrik om 'n blywende indruk van 'n skoon bestemming te skep.

Só het die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, gister op Wêreldomgewingsdag tydens die amptelike opening van die 21ste Namibië Namibië Toerisme Ekspo (NTE) by die Windhoekse skouterrein gesê.

"Die tema vir vanjaar se NTE is herwinning en dit is nie net belangrik vir die toerismesektor nie, maar vir die hele land waarin 'n kultuur van herwinning maar pas begin het, het Shifeta gesê.

"Ons moet 'n kultuur van geen verdraagsaamheid teenoor rommel en besoedeling aanvaar."

Hy sê die toerismesektor is afhanklik van 'n skoon omgewing en kan ly onder die negatiewe langtermynimpak wat deur besoedeling en gebrek aan afvalbestuur veroorsaak word.

"Ons moet hierdie beginsels van verminder, herwin en herverbruik van afval volhou. As ons hierdie beginsels volg, sal ons nie net help om ernstige omgewingsprobleme soos aardverwarming te voorkom nie, maar skatte uit rommel skep en afval in rykdom omskep."

Shifeta is beïndruk met en verwelkom Namibia Media Holdings (NMH) se Namibië Dorp van die Jaar-kompetisie waarmee dorpe uitgedaag word om mee te ding om skoner te wees.

"Hierdie inisiatiewe moedig gemeenskappe aan om saam te werk om hul dorpe mooier vir toerismeontwikkeling te maak."

Die minister het ook NMH se toerismenetwerkkonferensie van gisteroggend geprys: "Met die tema ‘Rethink Waste’ is verskeie maniere aangebied hoe rommel bestuur en herverbruik kan word wat Namibië kan help om die skoonste bestemming in Afrika te word".

Shifeta sê sy ministerie het verlede jaar die voortou geneem deur plastieksakke in nasionale parke te verbied.

Hy moedig die toerismesektor wat negatief deur rommel beïnvloed word, aan om 'n skoner Namibië te bevorder deur die drie R'e, "Recycle, Reduce, Re-use", te omarm.

"Ons moet almal omgewingsambassadeurs in ons gemeenskappe wees."

Die minister meen soliede afvalbestuur is een van die ernstige omgewingskwessies en alle sektore van onderwys, kultuur, mynbou, omgewing, visserye en landbou moet saamwerk om die oorsake van rommel en besoedeling te takel.

Shifeta het 'n beroep op die toerismesektor gedoen om die NTE as platform te gebruik om te netwerk, asook geleenthede te soek om besighede te laat groei en dienslewering te verbeter, "want ons toerismesektor kan nie stagnant bly as ons meer toeriste wil lok nie".

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!