Shifeta tree hoof Arnold aan
Die strydende tradisionele owerheid en die bewaringsgebied moet eerder saamwerk, sê die minister.
Catherine Sasman - Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het die hoop uitgespreek dat die !Kung tradisionele owerheid en die Na/aJaqna bewaringskomitee die strydbyl begrawe. Hulle moet eerder in ''n positiewe gees saamwerk na die gemeenskaplike doel om die lewensbestaan van die gemeenskappe onder hul jurisdiksie te verbeter.
Shifeta het reageer op ''n openbare twis tussen hoof Glony Arnold van die !Kung tradisionele owerheid en lede van die Na/aJaqna bewaringskomitee oor grondgebruik in die Tsumkwe-Wes gebied en oor wie seggenskap oor hulpbronne daar het.
Arnold het veral te velde getrek teen senior raadslid Sarah Zungu, die voormalige voorsitter van die bewaringskomitee, en beweer dié komitee het geen seggenskap oor grondtoekennings nie.
Arnold het beweer die bewaringskantoor het nie die reg om bystand van die Regshulpsentrum (LAC) te vra in sy hoërhof-uitdaging oor beweerde onwettige besettings en twyfelagtige grondtoekennings nie.
Sy het ook teen Shifeta uitgevaar, wat ''n opmerking gemaak het oor die stappe wat “buitestanders” eintlik moet doen om wettig in die gebied te woon.
Shifeta het aangevoer dat sommige individue onwettig in die bewaringsgebied gevestig is sonder die toestemming van die betrokke owerhede, soos die Otjozondjupa kommunale grondraad en die ministerie van grondhervorming.
Dié onwettige besetters het strukture opgerig, drade gespan en hul lewende hawe die gebied binnegebring.
Shifeta het gesê die bewaringskomitee het dus rede tot kommer oor die onwettige besetters.
Hy het gesê dit is slegs ná die bewaringsgebied gereken het hul kommer word nie deur die kommunale grondraad hanteer nie, dat die saak na die hoërhof geneem is wat tot die uitsettingsbevel teen 22 onwettige besetters gelei het.
“Dit moet duidelik gestel word dat die bewaringsgebied geen magte het in die toekenning van grond nie, maar hul belang in die toekenning van grond gaan oor die impak wat dié toekenning op die bestuur en gebruik van natuurlike hulpbronne het. In hierdie geval gaan dit oor wild en plantprodukte,” het Shifeta gesê.
Hy het gesê die ministerie se menings wat voorheen uitgespreek is, was gemik op onwettige besetters en enige ander mense wat van voorneme is om hulle in die bewaringsgebied te vestig.
Shifeta het bygevoeg dat die !Kung-owerheid in die bewaringskomitee verteenwoordig is en alle besluite en aktiwiteite behoort dus deur die tradisionele owerheid gedeel te word.
Hy het gesê sy ministerie sal voortgaan om met die twee owerhede te werk in die bestuur van wild en die voordele wat daaruit geput word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie