Shikongo se huis volgende jaar klaar
Shikongo se huis volgende jaar klaar

Shikongo se huis volgende jaar klaar

Paralimpiese sport
Standard Bank Namibië het sy belofte nagekom om Ananias Shikongo, Namibië se goue seun, met ‘n huis van N$500 000 te vergoed.

Shikongo, wat blind is, het verlede jaar met die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro ‘n goue medalje vir sy land in die naellope opgeraap en dit verder met twee bronsmedaljes afgerond.

Konstruksie van Shikonogo se huis is egter deur ‘n tekort aan erwe gerem, maar nadat ‘n geskikte perseel gevind is, het Standard Bank en die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) op 29 November ‘n dokument onderteken wat dié proses aan die gang gesit het.

Die NHE sal in beheer van die bouproses wees en na verwagting sal bouwerk vroeg in 2018 begin nadat die verwagte seremonies in Januarie afgehandel is. Shikongo se tweeslaapkamerhuis sal in Katutura se Greenwell-buurt opgerig word.

“Dit is ons manier om ‘n Namibiër wat wêreldwyd sy merk gemaak het, vir sy harde werk en besondere talent te vergoed. Ons vier nie dikwels mense se prestasies nie, maar in dié geval voel ons dit is die regte tyd om ‘n besondere individu se sukses te omhels, want hy het vir almal ‘n pragtige voorbeeld gestel,” het mnr. Isdor Angula van Standard Bank gesê.

“Ons moet selfs die kleinste prestasie van ‘n Namibiër vier, want dit is goed vir die mense van die land se moraal om te sien dat enige iemand deur toewyding en harde werk sukses kan proe. Shikongo het gewys dat sy gestremdheid nie beteken dat hy niks kan doen nie,” het mnr. Gisbertus Mukulu, uitvoerende beampte van die NHE, gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!