Shikukutu op pad na Suid-Afrika
Shikukutu op pad na Suid-Afrika

Shikukutu op pad na Suid-Afrika

Boks
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Sacky (Izinyoka) Shikukutu, uit die stal van die MTC Nestor Sunshine Boksakademie en sy afrigtingspan, het gister vanaf die Internasionale Lughawe Hoseo Kutako na Johannesburg vertrek.

Shikukutu kom Saterdagaand by Emperors Palace in Kemptonpark teen die 29-jarige Chris van Heerden om die Wêreldboksvereniging (WBA) se vakante Pan-Afrika weltergewigtitel (66.68 kg) te staan.

Beide boksers is hotkloue en dit sal interessant wees om te sien hoe die twee ervare vegters mekaar kan uitoorlê.

Van Heerden se 27 gevegte (24 gewen, met 12 uitklophoue, twee verloor en een gelykopuitslag) maak hom ’n ervare kalant wat weet hoe om sy teenstanders met lyf- en hoofpyne na die kleedkamer te laat terugkeer.

Shikukutu het een geveg minder as sy opponent agter sy naam, maar spog met een uitklophou meer (13, of 50%), terwyl hy drie keer aan die verloorkant was en een keer gelykop geboks het.

Nie een van die twee boksers tel onder die WBA se voorste 15 wêreldranglys nie, maar Van Heerden is die tweede aanspraakmaker op Sean Ness se Suid-Afrikaanse weltergewigtitel.

Izinyoka (Kobra) het belowe om sy naam gestand te doen en met elke moontlike kans na Van Heerden te pik.

“Kyk, ek weet Van Heerden is ’n ervare kanlant en ek respekteer hom daarvoor, maar ek gaan om te wen en niks anders nie,” het Shikukutu gesê, wat die afgelope twee maande intensief vir sy volgende uitstappie oefen.

Golden Gloves Promotions bied die geveg aan en die geleentheid sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!